"MAMMA" KAN EK NIE SÊ NIE Jelleke Wierenga
1. |
Watter woorde in die gedig verwys daarna om te sukkel om 'n besluit te neem? |
2. |
'n Engel word gewoonlik as liefderyk en teer beskou, maar hierdie engel is anders. Verduidelik hierdie stelling. |
3. |
"onmoontlik sê hulle". |
3.1 |
Wie is "hulle" in die aanhaling? |
3.2 |
Wat is onmoontlik, volgens hulle? Sê kortliks in jou eie woorde. |
4. |
Wat het die spreker alreeds voor haar geboorte geweet? |
5. |
Verduidelik kortliks die betekenis van die gedig se titel. |
6. |
'n Mens se oë word ook "die venster tot jou siel" genoem. Wat sien die spreker as haar ma na haar kyk? |
7. |
Wat is die funksie van die dubbelpunt aan die einde van die voorlaaste strofe? |
8. |
Die titel bevat inversie. |
8.1 |
Wat is "inversie"? |
8.2 |
Wat sal die gebruiklike woordorde vir die titel wees? |
8.3 |
Hoekom, dink jy, word inversie hier gebruik? |
9. |
Gee 'n moontlike rede vir die kort versreëls en die eenlettergrepige woorde in die laaste strofe. |
10. |
In watter versvorm is hierdie gedig geskryf? Kies jou antwoord uit die volgende; |
A |
sonnet |
B |
ballade |
C |
vrye vers |
D |
haikoe |
Antwoorde:
1. |
"wik en weeg" |
2. |
Volgens die spreker het die engel haar van die rand van onsekerheid af geskop tot in haar ma se lyf in. Dit dui gewelddadige optrede aan. |
3.1 |
Mense in die algemeen, die breë publiek |
3.2 |
Dis onmoontlik om enigiets te kan onthou wat voor die geboorteproses gebeur het. |
4. |
Sy het geweet dat sy onwelkom was, dat haar ma haar nie wou hê nie. |
5. |
"Mamma" is 'n troetelwoord en 'n spesiale benaming om 'n kind se liefde aan te dui. Die spreker kan dit nie regkry om dié woord teenoor haar ma te gebruik nie, want sy weet dat haar ma haar nie wou gehad het nie. |
6. |
Sy sien nooit liefde in haar ma se oë nie/Sy sien verwerping. |
7. |
Die dubbelpunt dui aan dat die daaropvolgende woorde gaan sê wat die spreker nou weet. |
8.1 |
omgekeerde woordorde |
8.2 |
Ek kan nie "Mamma" sê nie |
8.3 |
Die woord "mamma" word beklemtoon/uitgehef deur dit aan die begin te plaas, want die gedig handel hoofsaaklik oor die spreker se ma. |
9. |
Die kriptiese inhoud kan moontlik daarop dui dat ma en dogter nie veel vir mekaar te sê het nie omdat daar nie 'n hegte liefdesband bestaan nie. |
10. |
C |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking