Woensdag 11 Augustus 2021

IEB-hersiening - matriekgedigte (6)

SONDAGAANDE   Fanie Viljoen

1.

In watter eksterne ruimte speel hierdie gedig af?

2.

In watter interne ruimte speel dit af?

3.

Wat dink jy impliseer die spreker as hy na die donker as "taai" verwys?

4.

Die spreker gebruik 'n beeld van roofvoëls wat in sirkels ronddraai. Wanneer draai roofvoëls gewoonlik in sirkels rond?

5.

Is daar sprake van progressie in die gedig? Verduidelik.

6.

Die spreker voel dat sy privaatheid geskend word. In watter opsig gebeur dit?

7.

Hoe voel die spreker oor Sondagaande? Kies jou antwoord uit die volgende:

A

Hy geniet dit vir oulaas voordat die werkweek begin.

B

Hy hou baie daarvan om na die voëls te kyk.

C

Hy voel baie eensaam en alleen in sy woonstel.

D

Hy voel depressief oor die week wat voorlê.

8.

Haal 'n versreël aan wat 'n voorbeeld van personifikasie is.

9.

Die roofvoëls in die gedig is hier simbolies gebruik. Wie/Wat in die gedig is

9.1

die aanvaller?

9.2

die prooi?

10.

Die digter gebruik dikwels lang vokale in hierdie gedig. Wat dink jy is die rede hiervoor?

Antwoorde:

1.

In 'n woonstelgebied in die stad

2.

In die spreker se woonstel

3.

Dis asof dit aan 'n mens vasklewe, jy kan nie daarvan ontkom of daarvan ontslae raak nie. Jy voel vasgevang daarin.

4.

Wanneer daar (dooie) prooi op die grond is wat hulle kan gaan vreet.

5.

Ja. Aanvanklik is die roofvoëls hoog in die lug sigbaar. Hulle daal egter mettertyd laer totdat hulle op die lamppale gaan sit.

6.

Die roofvoëls op die lamppale tuur ongevraagd by die vensters van die woonstelle in.

7.

C

8.

"die aand stuur sy roofvoëls uit in die taai donker"

9.1

Sondagaande

9.2

die eensame woonstelbewoner

10.

Dit vertraag die tempo van die gedig. Dit dui moontlik daarop dat Sondagaande vir die spreker eindeloos lank voel, asof dit sloer en nie wil verbygaan nie.

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking