Woensdag 11 Augustus 2021

IEB-hersiening - matriekgedigte (4)

TOULOPER   Fanie Viljoen

1.

Waar sal 'n mens gewoonlik verwag om 'n touloper aan te tref?

2.

Watter woord dui aan dat daar gereeld "storms woed" in die spreker-hulle se huishouding?

3.

Ten spyte van hierdie storms hou die spreker hom dapper. Watter twee opeenvolgende woorde dui dit aan?

4.

Wat word nie met die woorde "voetjie vir voetjie skuifel ek" geïmpliseer nie?

A

Die spreker loop baie versigtig.

B

Die spreker gee klein treetjies.

C

Die spreker se voete is nie groot nie.

D

Die spreker probeer om nie sy balans te verloor nie.

5.

Watter woord in die gedig beteken "daar ver"?

6.

Daar kom progressie in die gedig voor ten opsigte van tyd en plek. Gee enige twee voorbeelde van progressie in die gedig.

7.

Gee 'n voorbeeld uit die gedig van

7.1

'n argaïsme

7.2

'n neologisme

7.3

'n nuutskepping

8.

Hoekom is reëls 5-7 kursief gedruk?

9.

Hoe beskou die spreker die lewe in hierdie gedig? Die lewe is …

A

"blitsende tv-beelde"

B

"storms (wat) woed"

C

"hoog bo die grond"

D

"('n) balanseertruuk"

10.

"die storms woed weer in ons huis vandag". Verduidelik hoekom "storms" 'n voorbeeld van konnotasie is en nie van denotasie nie.

Antwoorde:

1.

in 'n sirkus

2.

"weer"

3.

"vol durf"

4.

C

5.

"doer"

6.

Aanvanklik lees ons van "voetjie vir voetjie". Later word dit "voet vir voet". Tyd het dus verloop en die kind het grootgeword.

Aanvanklik is die spreker besig om in die huis op die tou te loop. Later is hy buite die huis (op pad na die tuinhekkie toe).

7.1

almanakke (ons gebruik deesdae "kalenders")

7.2

internetkonneksies

7.3

verwyt-winde/kollig-balanseertruuk

8.

Dit is die direkte woorde van die spreker se ouers wanneer hulle baklei.

9.

D

10.

Ons lees nie hier van storms soos dié wat in die natuur plaasvind nie, maar van emosionele onstuimigheid of konflik ('n stormagtige verhouding).

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking