STERREKYKER Franci Greyling
1. |
Na wie word gewoonlik as 'n "sterrekyker" verwys? |
2. |
Na wie verwys die sterrekyker egter in hierdie gedig? |
3. |
Noem drie dele van die apparaat waarmee die spreker die brief afskiet. |
4. |
Hoe weet ons dat die spreker baie dinge in haar brief meedeel? |
5. |
Die spreker se brief aan die man in die maan is waarskynlik nie die enigste brief wat hy ontvang nie. Verduidelik hierdie stelling. |
6. |
Hoekom dink jy word wilgerhout gebruik om boë van te maak? |
7. |
Wat is die funksie van die herhaling wat ons in die tweede reël kry? |
8. |
Watter effek word deur die lang aa-vokaal in reël 8 verkry? |
9. |
Skryf reëls 7 en 9 oor en dui die alliterasie daarin aan. |
10. |
Wat is 'n hiperbool, en wat in die gedig kan moontlik as 'n hiperbool beskou word? |
Antwoorde:
1. |
Na 'n sterrekundige (wat die sterre en planete deur groot teleskope bestudeer) |
2. |
Dit verwys na 'n meisie wat 'n brief aan die man in die maan stuur. |
3. |
koker, pyl, (wilger)boog |
4. |
Dis 'n dik brief wat baie bladsye beslaan. |
5. |
Ons lees dat daar "'n duisend briewe" deur die lug trek. |
6. |
Wilgerhout is baie buigsaam en kan ver ombuig wanneer 'n pyl daarmee geskiet word. |
7. |
Dit beklemtoon dat die brief baie lank/dik is. |
8. |
Dit vertraag die tempo. Dit dui aan dat die briewe 'n wye draai om die maan maak voordat dit verder deur die uitspansel trek. |
9. |
"Ek sien hoe dit deur die sterre trek" "en al verder deur die donker lug" |
10. |
Wanneer iets groter voorgestel word as wat dit werklik is (oordrwying). Die verwysing na die baie briewe wat deur die lug trek. Die spreker kan nie die baie briewe tel wat deur die lug trek nie – dit lyk na minstens 'n duisend. |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking