STAAN OP! Fanie Viljoen
|
1. |
Met wie dink jy praat die spreker in die gedig? Kies jou antwoord uit die volgende: |
|
A |
met oumense |
|
B |
met tieners |
|
C |
met kleuters |
|
D |
met volwassenes |
|
2. |
Hoe is die toon van sy gesprek? Kies jou antwoord uit die volgende: |
|
A |
ferm |
|
B |
simpatiek |
|
C |
liefdevol |
|
D |
beledigend |
|
3. |
Haal die woorde aan wat daarop dui om jou eerlike mening uit te spreek. |
|
4. |
In reëls 14 en 15 lees ons: "… omdat jy jouself nie kan verander nie" Hoe dink jy sou die mense in reël 7 hulself graag wou verander? |
|
5. |
Wat dink jy beteken dit "om iets aan jouself te doen"? |
|
6. |
"om iets aan jouself te doen" is 'n voorbeeld van 'n |
|
A |
hiperbool |
|
B |
vergelyking |
|
C |
metafoor |
|
D |
eufemisme |
|
7. |
Ons kry 'n vraag aan die einde. Wat noem 'n mens 'n stelling wat in die vorm van 'n vraag gevra word? |
|
8. |
Skryf die vraag in die laaste reël as 'n stelling neer. |
|
9. |
Hoekom dink jy is daar alleenplasing by die laaste reël? |
|
10. |
Is die woord "donker" (reël 10) 'n voorbeeld van denotasie of konnotasie? Verduidelik ook hoekom jy so dink. |
Antwoorde:
|
1. |
B |
|
2. |
A |
|
3. |
" … gesê het hoe jy werklik voel" |
|
4. |
Hulle sou graag anders wou lyk. Hulle sou maerder (of vetter) en mooier wou gewees het. |
|
5. |
Om jou lewe te beëindig/Om selfdood te pleeg |
|
6. |
D |
|
7. |
'n retoriese vraag |
|
8. |
Daar is niemand wat meer sit nie. |
|
9. |
Dit bevat die gevolgtrekking/boodskap/slotsom van al die voorafgaande dinge wat genoem is. |
|
10. |
konnotasie "Donker" verwys hier na negatiewe dinge en nie letterlik na die donker (duisternis) nie. |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking