TAYLOR SWIFT Kobus Grobler
1. |
Na wie, dink jy, verwys die subtitel van die gedig? |
2. |
Die liedjie waarna daar in reël 9 verwys word, is Taylor Swift se The best day. Wat is die toon van dié liedjie se lirieke, volgens 'n vroeëre versreël? Haal slegs een woord as antwoord aan. |
3. |
Hoe weet ons dat hierdie liedjie skynbaar 'n groot indruk op die meisie in die gedig gemaak het? |
4. |
Wat doen die meisie in strofe 3 wat haar pa in strofe 4 doen? |
5. |
Ons vind duidelike progressie in die laaste strofe teenoor die voorafgaande drie strofes. Bespreek hierdie progressie kortliks. |
6. |
Blykbaar het die meisie nie veel vriende by die skool nie. Waaruit kan ons dit aflei? |
7. |
Die titel van die gedig is "Taylor Swift". Tog handel die gedig nie hoofsaaklik oor Taylor Swift nie. Verduidelik hierdie stelling kortliks. |
8. |
Hierdie gedig is in vrye vers geskryf. Noem enige drie eienskappe van vrye vers wat hierin voorkom. |
9. |
Watter effek het die kort versreëls in die tweede en derde strofes op die tempo van die gedig? |
10. |
Watter beeld in die laaste strofe dui op onvermydelike verandering wat plaasvind? |
Antwoorde:
1. |
Na die spreker se dogter (Liebet) |
2. |
"melancholie" |
3. |
Sy luister gedurig daarna, herhaal die woorde voortdurend en sing die liedjie saam. |
4. |
Sy huil. |
5. |
In die eerste drie strofes is die meisie eensaam, onseker en verward. In die laaste strofe verstaan sy en sy weet waaroor dinge gaan. Daar is dus sekerheid in haar. |
6. |
Sy sit alleen gedurende pouses. |
7. |
Die gedig handel hoofsaaklik oor 'n eensame jong skoolmeisie wat haar met die hartseer lirieke van Taylor Swift se liedjie "The best day" kan identifiseer. |
8. |
Die strofes is van verskillende lengtes. Daar is nie 'n vaste rympatroon nie. Hoofletters en punktuasie is heeltemal afwesig. Dit het 'n onreëlmatige metrum. (enige 3) |
9. |
Dit versnel die tempo. |
10. |
Bome wat hul blare gedurende die herfs/voor die winter verloor. |
Baie dankie mevrou. Ek is 'n onderwyseres en dit help.
AntwoordVee uit