Woensdag 11 Augustus 2021

IEB-hersiening - matriekgedigte (1)

?        Tanja Joubert

Kom ons veronderstel dis 'n seun wat hier met 'n meisie praat.

1.

Watter woord in die gedig is nie 'n naamwoord wat as 'n werkwoord gebruik word nie?

A

vinger

B

braille

C

pen

D

ryg

2.

"en dra dit soos kraletjies om my nek" is 'n voorbeeld van 'n

A

metafoor

B

hiperbool

C

vergelyking

D

sonnet

3.

"Ek vinger jou naam op vuil motorvensters" is 'n voorbeeld van

A

metafoor

B

alliterasie

C

assonansie

D

assimilasie

4.

Ons lees in die voorlaaste strofe: "nie eens met leestekens kan vertel nie"

Watter leesteken word nie in die gedig gebruik nie?

A

'n uitroepteken

B

'n aanhalingsteken

C

'n vraagteken

D

'n aandagstreep

5.

Watter woord dui op krabbels op papier?

A

kraletjies

B

doodle

C

smiley faces

D

uithangborde

6.

Waar is die waarskynlikste plek om "toegewasemde spieëls" aan te tref?

A

op vuil motorvensters

B

op die strand

C

in 'n passerblik

D

in 'n badkamer

7.

Die aksentteken word dikwels in hierdie gedig gebruik. Wat dink jy is die rede daarvoor?

A

om die spreker se onsekerheid aan te dui

B

om sekere woorde in die gedig te beklemtoon

C

om meer as een betekenis aan 'n woord te gee

D

om aan te dui dat die spreker baie desperaat is

8.

In watter versvorm is die gedig geskryf?

A

elegie

B

sonnet

C

vrye vers

D

ballade

9.

Wat doen 'n mens as jy iets in 'n passerblik "braille"?

A

Jy leen jou passerblik vir 'n blinde persoon.

B

Jy druk knoppies met 'n skerp passer in 'n penneblikkie.

C

Jy maak gaatjies in 'n passerblik.

D

Jy skryf jou meisie se naam met ink daarop.

10.

Hoe voel jy oor die desperate spreker in die gedig? Kies die antwoord wat vir jou die aanvaarbaarste is. Sê ook hoekom jy so voel.

A

Ek voel jammer vir hom.

B

Ek dink hy is belaglik.

C

Ek kan met hom identifiseer.

D

Hy maak my bang.

11.

Watter strofe speel in 'n skoolmilieu af?

A

strofe 1

B

strofe 2

C

strofe 3

D

strofe 4

12.

Die laaste strofe is 'n voorbeeld van 'n …

A

sestet

B

oktaaf

C

koeplet

D

tersine

13.

Watter mense maak gebruik van braille?

A

dowe mense

B

dooie mense

C

vertraagde mense

D

blinde mense

14.

Ons lees in strofe 2: "Jou naam pen ek oor 'n swartbord//sodat niemand dit ooit weer af kan was."

Watter van die volgende is ook 'n plek waar die geliefde se naam permanent aangebring kan word?

A

die palm van 'n hand

B

vuil motorvensters

C

die passerblik

D

toegewasemde spieëls

15.

Wat noem 'n mens 'n prent of afbeelding wat op jou rekenaarskerm verskyn wanneer jy dit aanskakel?

A

tatoeëermerk

B

braille

C

screensaver

D

tippex

Antwoorde:

1.

D

2.

C

3.

B

4.

D

5.

B

6.

D

7.

B

8.

C

9.

B

10.

eie keuse

11.

B

12.

C

13.

D

14.

C

15.

C

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking