Maandag 16 Augustus 2021

IEB-hersiening - matriekgedigte (11)

DIE WÊRELD HET SO KLEIN GEWORD  Alta Marincowitz

1.

Vergelyk drie fases in die spreker-hulle se lewens ten opsigte van ruimte en kontak met die buitewêreld. Die fases is:

 

die spreker se ouma as jong kind

 

die spreker se ma as tiener

 

die spreker as volwassene

2.

"en klets met maats" Sê kortliks wat die verskil tussen praat en klets is.

3.

Daar is min sprake van rym in die gedig. Gee een voorbeeld van paarrym in die gedig.

4.

Watter woord verwys daarna om totaal gefassineer te wees deur iets?

5.

Gee 'n versamelnaam uit die gedig vir 'n verskeidenheid vrugtebome wat (gewoonlik) in rye geplant is.

6.

Verduidelik kortliks die betekenis van die reël "Ek klik met ‘n muis die wêreld tot in my huis".

7.

In elke strofe word daar na bome verwys.

7.1

Watter een hiervan is egter nie 'n boom nie?

7.2

As dit nie 'n boom is nie, wat is dit dan?

8.

Die laaste sewe versreëls is eintlik een lang sin sonder punktuasie, behalwe die punt aan die einde.

8.1

Wat noem 'n mens die verskynsel as een versreël oorloop in 'n ander sonder enige ruspouses (leestekens)?

8.2

Wat is vreemd van die manier waarop hierdie reëls elke keer eindig?

9.

In die eerste en in die laaste strofe lees ons van 'n boek/boeke.

9.1

Van watter "boek" lees ons in strofe 3?

9.2

Wat beteken dit as mense in dié boek "hul gesigte gedeeltelik ontsluier"?

10.

Die tipografie van die laaste deel van die derde strofe is uiters funksioneel en effektief. Wat word hierdeur geïllustreer?

Antwoorde:

1.

As jong kind het die spreker se ouma op 'n groot uitgestrekte plaas met 'n vrugteboord gewoon. Die plaastelefoon en boeke was hul kommunikasie met die buitewêreld.

 

As tiener het die spreker se ma in 'n huis in die dorp gewoon met 'n groot tuin, 'n grasperk en twee bome. Hulle het televisie gekyk en die eerste selfone is in daardie tyd bekendgestel.

 

As volwasssene is die spreker se leefruimte beperk tot 'n twaalf vierkante meter kamer waarin sy alle inligting op haar rekenaar kan verkry. Tegnologie stel haar in staat om met die hele wêreld daarbuite kontak te kan hê.

2.

As 'n mens praat, is dit gewoonlik om iets vir 'n spesifieke rede of met 'n spesifieke doel te sê. Klets is om sommer oor allerhande onbenullige dinge te gesels.

3.

Ek kan kennis onmiddellik op aanvraag verkry//en met ‘n ieder en elk in verbinding bly.

4.

"vasgenael"

5.

"boord"

6.

Deur bloot op die rekenaarmuis te klik, kry 'n mens oombliklik toegang tot enige plek en enigiets op aarde.

7.1

Gumtree

7.2

Dit is 'n webblad op 'n rekenaar waar 'n mens artikels kan koop en verkoop.

8.1

enjambement

8.2

Die laaste woord van elke reël behoort eintlik voor die beginwoord van die daaropvolgende reël te staan.

9.1

Van faceboek, 'n sosiale platform.

9.2

Hulle maak sekere dinge van hulself bekend, maar nie alles nie.

10.

Die vinnige krimping van die lengte van die versreëls illustreer hoe die mens se behoefte aan fisiese leefruimte skielik al hoe kleiner geword het danksy uitgebreide tegnologie.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking