Maandag 16 Augustus 2021

IEB-hersiening - matriekgedigte (10)

KLEIN GELOOF    Tanja Joubert

1.

Na watter twee fases in die spreker se lewe word daar in die gedig verwys?

2.

Ons lees van kabouters, kersvader, die tandemuis, paddaprinse en dinosourusse. Waarin kom al hierdie karakters voor? Vind jou antwoord in strofe 3.

3.

In watter fantasieverhaal kom daar sewe kabouters voor?

4.

Wat beteken dit om lugkastele te bou?

5.

"Armstrong was die man op die Maan." In watter ander voorgeskrewe gedig het jy ook van die man op die maan gelees?

6.

Watter twee bewyse kry ons in reël 11 dat harde feite baie belangrik vir die spreker is?

7.

Watter woord in die gedig dui 'n wending aan?

8.

Wat noem die spreker haar nagvrese?

9.

Na wie en waarna, dink jy, verwys "die Prins op die donkie"?

10.

Verduidelik 'n paar moontlike interpretasies van die titel van die gedig.

Antwoorde:

1.

Haar lewe as kind en haar lewe as volwassene

2.

sprokies

3.

Die verhaal van Sneeuwitjie en die sewe dwergies

4.

Om oor dinge te fantaseer/droom.

5.

Sterrekyker

6.

Die versreël is in hoofletters geskryf en daar is 'n uitroepteken aan die einde van die reël.

7.

"maar"

8.

"monsters"

9.

Na Jesus wat op 'n donkie se rug Jerusalem binnegery het.

10.

Die titel kan verskeie moontlike betekenisse hê:

 

Dit kan verwys na die geloof wat die spreker as kind (toe sy klein was) gehad het en wat intussen deur feite en bewyse vervang is.

 

Dit kan ook beteken dat sy kleingelowig is, met ander woorde dat sy nie alles glo wat aan haar vertel word nie.

 

Dit kan moontlik ook daarna verwys dat haar geloof klein (nietig) is, dat sy dus nie 'n baie gelowige mens is nie.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking