Maandag 16 Augustus 2021

IEB-hersiening - matriekgedigte (12)

STRELITZIA         Annie Klopper

1.

Die titel van die gedig is "Strelitzia", die naam van 'n blom. Dis egter nie werklik waaroor die gedig handel nie.

1.1

Waaroor, volgens jou, handel die gedig hoofsaaklik?

1.2

In watter ander voorgeskrewe gedig handel die gedig ook nie werklik oor wat die titel aandui nie?

2.

Watter aanduiding kry ons dat die Van Bredas's moontlik ryk/statusbewuste mense is?

3.

Waarheen dink jy is Susan van Breda op pad?

4.

Susan van Breda staar geskok na die linkerkant van haar motoroprit.

4.1

Wat is haar seun besig om te doen wat haar skok? Sê kortliks in jou eie sin.

4.2

Hoekom dink jy doen hy dit?

4.3

Op watter manier het die tienerseun in "Daarom" sy frustrasie op dinge uitgehaal?

5.

Watter van die volgende eienskappe is nie deel van Susan van Breda nie? Kies die beste antwoord.

A

Sy is stiptelik.

B

Sy is apologeties.

C

Sy is goed versorg.

D

Sy is snobisties.

6.

Noem twee dinge in die gedig wat orde aandui.

7.

Wat beteken dit om iets te "kop"?

8.

Watter leestekens word gebruik om 'n parentese aan te dui

8.1

in strofe 1?

8.2

in strofe 2?

9.

Wat is die verskil tussen "verskonings maak" (reëls 1 en 11) en "aan verskonings dink" (reël 16)?

10.

Watter klank oorheers in die gedig?

Antwoorde:

1.1

Oor die swak verhouding tussen 'n ma en haar tienerseun.

1.2

Taylor Swift

2.

Susan van Breda ry met 'n luukse sedan.

3.

werk toe

4.1

Hy is besig om die strelitzia langs die oprit stukkend te skop.

4.2

Hy is gefrustreerd/Hy is kwaad vir sy ma en haal nou sy woede op die plant uit.

4.3

Hy het deure toegeklap.

5.

B

6.

Susan van Breda wat stiptelik om sewe-uur agter haar motor se stuur inskuif

 

Die simmetries geplaveide siersteenoprit

7.

om iets te verstaan/begryp

8.1

aandagstrepe

8.2

hakies

9.

verskonings maak: Om iemand se optrede te probeer goedpraat

 

aan verskonings dink: Om redes te soek vir hoekom iets gebeur (het)

10.

Die s-klank

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking