KLEIN GELOOF – Tanja Joubert
VRAE
1. |
Verduidelik kortliks die figuurlike betekenis van die eerste reël. (1) |
2. |
Hoekom "(kom) kersvader nooit meer op sy slee" nie? (1) |
3. |
Gee 'n rede vir jou antwoord in 6.2 deur 'n paslike versreël aan te haal. (1) |
4. |
In watter ander gedig wat jy bestudeer het, het jy ook van "die man op die maan" gelees? (1) |
5. |
Watter twee dinge doen die digter om aan te dui hoe belangrik bewyse is? (2) |
6. |
In strofe 2 is daar 'n voorbeeld van 'n samestelling. Watter woord is dit en uit watter woorde is dit saamgestel? (1) |
7. |
Dit lyk asof die spreker tegelyk gelowig én bygelowig is. Gee redes vir hierdie stelling. (2) |
8. |
Kyk na die rympatroon in die gedig. Watter soort rym kry ons hier? Kies jou antwoord uit die volgende: |
A |
paarrym |
B |
kruisrym |
C |
binnerym |
D |
gebroke rym (1) |
|
[10] |
ANTWOORDE
1. |
Die spreker is nou 'n volwassene en glo nie meer aan feëtjies en kabouters nie. (1) |
2. |
Sy weet nou dat daar nie iets soos Kersvader is nie/Kersvader bestaan nie regtig nie. (1) |
3. |
"ek het al my sprokies brand gesteek" (1) |
4. |
Sterrekyker (1) |
5. |
Sy gebruik hoofletters en 'n uitroepteken. (2) |
6. |
"melkskommelweg" = melkskommel + melkweg (1) |
7. |
Sy glo aan Jesus wat op die donkie gery het. Sy glo ook dat daar snags monsters onder haar bed is. (2) |
8. |
D gebroke rym (1) |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking