STRELITZIA – Annie Klopper
VRAE
1. |
Ons lees in hierdie gedig van 'n ma-seun-verhouding. |
1.1 |
Gaan lees weer die gedig Klein geloof deur Tanja Joubert en gee 'n woord uit dié gedig aan wat aandui wat waarskynlik met Susan van Breda en haar seun se verhouding in Strelitzia gebeur het. (1) |
1.2 |
Wat, dink jy, is die funksie van die herhaling in reëls 1 en 11? (1) |
1.3 |
Van watter aggressiewe optrede lees ons in die gedig? (1) |
1.4 |
Wat, dink jy, is die implisiete betekenis van hierdie aggressiewe optrede? (implisiete betekenis = iets wat nie direk in die gedig gestel word nie, maar wat daaruit afgelei kan word) (1) |
2. |
Susan van Breda is waarskynlik |
2.1 |
'n goed-versorgde vrou. Watter bewys hiervan kry ons in die gedig? (1) |
2.2 |
baie stiptelik. Watter bewys hiervan kry ons in die gedig? (1) |
3. |
Watter woord dui iets aan wat aan albei kante presies dieselfde lyk? (1) |
4. |
Haal 'n enkele reël aan wat 'n voorbeeld van 'n parentese is. (1) |
|
(8) |
ANTWOORDE
1.1 |
"versuur" (1) |
1.2 |
Om die feit te beklemtoon dat dit te laat is om iets aan die versuurde verhouding te doen. (1) |
1.3 |
Die seun skop sy ma se strelitzia-plant stukkend. (1) |
1.4 |
Die implisiete betekenis is dat die seun hierdeur eintlik sy aggressie op sy ma uithaal. (1) |
2.1 |
Haar naels is baie goed versorg ("gladde naels"). (1) |
2.2 |
Sy vertrek stiptelik om sewe-uur van haar huis af werk toe. (1) |
3. |
"simmetries" (1) |
4. |
"(met die staar saam)" (1) |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking