TOULOPER – Fanie Viljoen
VRAE
1. |
'die storms woed weer in ons huis vandag' Kyk na reëls 5–7 en sê dan kortliks van watter 'storms' die spreker hier praat. (1) |
2. |
'voetjie vir voetjie skuifel ek vorentoe' Hoe beweeg 'n mens as jy 'voetjie vir voetjie' vorentoe beweeg? Watter van die volgende stellings is verkeerd? |
|
A Jy beweeg stadig vorentoe. |
|
B Jy kyk nie waar jy loop nie. |
|
C Jy beweeg baie versigtig. |
|
D Jy gee kort treëtjies terwyl jy loop. (1) |
3. |
Hoekom, dink jy, gebruik die spreker aan die einde van die gedig 'voet vir voet' en nie meer 'voetjie vir voetjie' nie? (1) |
4. |
Watter enkele woord in die gedig beteken 'daar ver'? (1) |
5. |
Watter enkele woord dui moontlik gelukkiger tye aan? (1) |
6. |
Watter woord in die gedig is vroeër vir kalenders gebruik? (1) |
7. |
Die woord (jou antwoord in 5.6) word nie vandag meer algemeen gebruik nie. Wat noem ons so 'n soort (uitgediende) woord? Kies jou antwoord uit die volgende: |
|
A argaïsme |
|
B neologisme |
|
C metafoor |
|
D leenwoord (1) |
8. |
'weg van alles behalwe die wind maar ek dink nie daaraan nie' Wat sal gebeur as die spreker aan die wind begin dink? (1) |
9. |
Die tou waarop die persoon in die gedig loop, is 'n simboliese tou. Wat simboliseer die tou in die gedig? (1) |
10. |
Waar eindig die spreker se moeisame loop op die tou? (1) |
|
[10] |
ANTWOORDE
1. |
Dit verwys na emosionele storms. Die spreker se ouers baklei skynbaar gedurig en verwyt mekaar dan oor dinge. (1) |
2. |
B (Jy kyk nie waar jy loop nie) (1) |
3. |
Dit dui aan dat daar tyd verloop het. Die spreker het intussen groot geword. (1) |
4. |
'doer' (1) |
5. |
'familiefoto's (1) |
6. |
'almanakke' (1) |
7. |
A (argaïsme) (1) |
8. |
Hy sal sy balans verloor en van die tou afval. (1) |
9. |
Die tou is simbool van die lewe; die lewe is soos 'n fyn balanseertoertjie. (1) |
10. |
by die tuinhek (1) |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking