Donderdag 07 Februarie 2019

10 VRAE OOR halala afrika deur Johannes Kerkorrel


1.
Halala Afrika is 'n liriek en nie 'n gedig nie.

1.1
Sê kortliks wat die verskil tussen 'n liriek en 'n gedig is.

1.2
Wat is 'n kenmerk van 'n liriek? Kies jou antwoord uit die volgende:


A
simboliek


B
herhaling


C
argaïese taal


D
vergelykings
2.
"halala" is nie 'n woord nie, maar 'n emosionele uiting. Wat word met die gebruik hiervan geïmpliseer? Kies jou antwoord uit die volgende:

A
hartseer

B
blydskap

C
dankbaarheid

D
vrees
3.
Die spreker gebruik kontras om sy boodskap oor te dra.

3.1
Hoe het die Afrika-landskap gelyk voordat "skepe uit die weste" hier aangekom het?

3.2
Wat het in die plek van hierdie landskap gekom? Haal 'n frase van vier woorde as antwoord aan.
4.
Wat het die "skepe uit die weste" aanvanklik in Suid-Afika kom soek?
5.
Watter woord dui 'n wending in die gedig aan?
6.
Ons lees: "rykdom in die maag van ons moeder afrika"?

6.1
Verduidelik kortliks wat die spreker hiermee bedoel.

6.2
Gee drie voorbeelde van "rykdom in die maag van ons moeder afrika" wat in die liriek genoem word.
7.
Haal 'n reël aan wat verwys na mynbouaktiwiteite.
8.
Hoe het ons dierelewe ook 'n slagoffer van die mens geword?
9.
Ons lees in reël 10: "ewig is ons afrika"
Ons kry hier 'n voorbeeld van ironie en 'n paradoks. Verduidelik.
10.
Vooruitgang is altyd verbetering.
Stem jy saam met hierdie stelling as jy na die inhoud van hierdie liriek kyk? Gee voorbeelde uit die inhoud om jou antwoord te staaf.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking