Maandag 04 Februarie 2019

10 VRAE OOR die dag op nuweland deur Jeanne Goosen


1.
Waar is Nuweland geleë, en waarvoor is dit bekend?
2.
Watter twee provinsiale spanne speel waarskynlik vandag hier op Nuweland rugby?
3.
Die toeskouers gebruik die uitroepe "Boland!" en "Haak Vrystaat!" om hulle spanne aan te moedig. Hoekom is hierdie twee uitroepe egter heeltemal onvanpas in die omstandighede?
4.
Wat laat die toeskouers se kake op en af beweeg?
5.
Wat laat die pawiljoen se planksitplekke op en af beweeg?
6.
Hoe reageer die meisie wat sit en brei op die opgewondenheid wat al groter word?
7.
Die verteller raak senuweeagtig terwyl hy/sy die meisie se vinnige bewegings dophou. Hoe weet ons dit?
8.
Ons lees van die "toenemende venyn" van die rugbyspelers. Wat beteken dit in die konteks van wat op die veld gebeur?
9.
Haal 'n paslike reël aan wat aandui wat die gevolg van die "toenemende venyn" is.
10.
Hoe weet ons dat die held van die wedstryd ook 'n slagoffer van die "toenemende venyn" was?




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking