Maandag 03 September 2018

10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 7 (1)


1.
Die leser word intussen daarvan bewus dat Caro se wraakgedagtes iets met Steve te doen het. Caro was in die stad seker van wat sy wou doen en wou hom laat deel in haar _____ en _____. Sy word egter algaande minder seker van haarself.
2.
Caro sien daarteen op om na die eetsaal toe te gaan, want dit voel vir haar soos 'n plek vol landmyne. Dink jy dat hierdie vergelyking geslaagd en treffend is as jy die konteks in ag neem?
3.
Met watter onverwagse uitnodiging kom Betsie vorendag wat Caro heeltmal onkant vang?
4.
Asof Caro se probleme met Salome nie genoeg is nie, moet sy nog George se leedvermakerige houding hanteer. Waarmee dreig George haar en die span?
5.
In die eetsaal is Salome ingenome met haarself en vermakerig teenoor Caro. Wat maak haar so gelukkig?
6.
Caro sien in haar foto-album dat sy nie op een van die revue-foto's van destyds is nie. Op watter manier was sy wel betrokke by die revue?
7.
Hoe reageer Caro as Paul Thompson haar wil oortuig dat Kulani, Nabeel en Wilson kwotaspelers in die krieketspan is?
8.
Wat is Paul Thompson se laaste dreigement voordat hy en George van die veld afstorm?
9.
Behalwe dat Paul Thompson 'n probleem met die "kwotaspelers" het, het hy 'n verdere probleem met Caro. Wat is dit, volgens Gawie?
10.
Nabeel word die kaptein van die krietspan in George se plek. Hoe bewys hy dadelik sy leierskap?
  


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking