Sondag 02 September 2018

10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 6 (1)


1.
Voltooi die volgende sin:
Na 'n heerlike naweek op die plaas, breek Betsie die nuus aan Caro dat dit nie 'n geheim is nie: "Man, jy het die koshuis aan die _____ en Salome aan die _____.
2.
Waarom reken Betsie dat dit 'n goeie ding is dat Caro saam met hulle kom tee drink, al is Salome ook daar?
3.
Caro het met 'n bepaalde doel teruggekeer na haar geboorteplek. Dit is egter vir haar baie moeiliker as wat sy gedink het. Waarmee het sy haar deeglik misgis?
4.
"Sy streel oor haar stralende gesig, sy was so gelukkig." (bl. 73)

4.1
Verduidelik: "Sy streel oor haar stralende gesig ..."

4.2
Vir hoe lank was Caro gelukkig?

4.3
Wat het op hierdie geluk gevolg?
5.
Met watter aankondiging konfronteer George vir Caro in haar klaskamer?
6.
Met watter logiese antwoord kom Caro vorendag as teenvoeter vir George se dreigement?
7.
As volwassene en onderwyseres kan Caro nie swig voor George, 'n graad 11-leerder, se dreigemente nie. Watter besluit neem sy dan?
8.
Watter gevolge kan Caro se besluit inhou, volgens Steyn?
9.
Van watter agtergrondinligting oor Lauren voorsien Betsie vir Caro?
10.
"Teruggaan stad toe en met haar lewe aangaan asof sy nooit hier was nie." (bl. 81)
Hoekom kan Caro dit nie meer op hierdie stadium doen nie?
 



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking