Donderdag 06 September 2018

10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 8 (1)

1.
Betsie sien die foto's in Caro se foto-album, maar sy sien nêrens 'n foto van Caro nie. Hoekom dink jy sê sy, "Ek gló dit nie!" as Caro vir haar 'n foto van haar en Steve wys?
2.
Hoeveel jaar nadat die foto van Caro en Steve geneem is, het intussen verbygegaan?
3.
Waar en wanneer gaan Betsie se troue plaasvind?
4.
Vir watter twee personeellede nooi Betsie na haar troue toe?
5.
Hoe kry Salome blykbaar al haar inligting oor wat met die krieket gebeur?
6.
Verduidelik kortliks die verhouding tussen Steve, Marcia en Salome.
7.
The road not taken

7.1
Waaroor handel hierdie gedig?

7.2
Caro het 'n keuse gemaak, 'n pad gekies, maar sy twyfel al hoe meer of sy die regte keuse gemaak het. Wat besef sy op hierdie stadium van haar keuse?
8.
Gee die twee redes volgens Betsie waarom Steve nog nooit as borg by die skool betrokke geraak het nie.
9.
Caro staan haar man as die skoolhoof haar oor Paul Thompson konfronteer. Sy beskou haar besluit as die enigste etiese keuse. Watter twee redes verskaf sy oor die besluit wat sy geneem het oor George se weglating?
10.
Die skoolhoof verdedig die keuses wat hy in die verlede gemaak het en verseker Caro dat hy nie 'n swakkeling is nie. Waarom het hy dus die keuses gemaak?


The Road Not Taken
Robert Frost (1874–1963)


Two roads diverged in a yellow wood,
And sorry I could not travel both
And be one traveler, long I stood
And looked down one as far as I could
To where it bent in the undergrowth;

Then took the other, as just as fair,
And having perhaps the better claim,
Because it was grassy and wanted wear;
Though as for that the passing there
Had worn them really about the same,

And both that morning equally lay
In leaves no step had trodden black.
Oh, I kept the first for another day!
Yet knowing how way leads on to way,
I doubted if I should ever come back.

I shall be telling this with a sigh
Somewhere ages and ages hence:
Two roads diverged in a wood, and I—
I took the one less traveled by,
And that has made all the difference.

https://www.poetryfoundation.org/poems/44272/the-road-not-taken

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking