1.
|
Haal die versreël
aan wat sê dat die mense wat die skip ontwerp en gebou het, nie 'n klomp
amateurs was nie.
|
|
2.
|
Gee 'n voorbeeld
van 'n metafoor uit die eerste
strofe.
|
|
3.
|
Watter figuurlike betekenis kan die woord 'donker’
in strofe 1 hê? Kies jou antwoord uit die volgende en skryf net die letter
van die regte antwoord neer:
|
|
A
|
Daardie nag het geen maan en sterre geskyn nie.
|
|
B
|
Dit was onbekende waters waarin hulle moes vaar.
|
|
C
|
Hulle het nie geweet of hulle die vaart sou oorleef nie.
|
|
D
|
Die skip was laat en het eers na donker vertrek.
|
|
4.
|
Watter enkele
woord in strofe 1 kontrasteer met 'donker’?
|
|
5.
|
Noem twee dinge
in strofe 2 wat op die dek van 'n skip gevind sal word.
|
|
6.
|
Wat sou
Titanic-passasiers in die winter kon doen as hulle koud kry?
|
|
7.
|
Hoekom was die
ryk vrouens aan boord nie bekommerd dat hul duur juwele gesteel sou word nie?
|
|
8.
|
Kies die regte antwoord:
'Maar die
luuksereus was doof’ is 'n voorbeeld van …
|
|
A
|
alliterasie
|
|
B
|
enjambement
|
|
C
|
personifikasie
|
|
D
|
onomatopee
|
|
9.
|
Watter rol het
die kaptein blykbaar gespeel in die ramp wat plaasgevind het?
|
|
10.
|
Die Titanic word 'n
'luuksereus’ genoem. Dié skip was dus baie duur toegerus. Watter ander
eienskap het dié skip ook gehad, volgens dié beskrywing? Gebruik jou eie
woorde om die vraag te beantwoord.
|
Vrydag 03 Augustus 2018
10 VRAE OOR Skeepsverslag: Titanic deur MM Walters
Etikette:
10 vrae oor ...,
Gedigte;Toulopers
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking