Donderdag 02 Augustus 2018

Taalvaardigheid: VERGELYKINGS (4)


VERGELYKINGS (4)

reg
right
Ek voel so reg soos 'n roer.
ry
drives
Hy ry soos die duiwel.
sing
sings
Die sangeres sing soos 'n nagtegaal.
sit
sits
Hy sit soos 'n uil op 'n kluit.
skaars
scarce
Geld is so skaars soos hoendertande.
skop
kicks
Die kwaai kind skop soos 'n volstruis.
smelt
melts
Die koekies smelt soos botter in die mond.
snork
snores
Die man snork soos 'n vark.
spoeg
spits
Die man spoeg soos 'n slang as hy kwaad is.
sterk
strong
Die stoeier is so sterk soos 'n bees.
stink
stinks
Die dooie dier stink soos 'n muishond.
swaar
heavy
Die klip is so swaar soos lood.



Hierdie stoeier is so sterk soos 'n bees.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking