Vrydag 03 Augustus 2018

10 VRAE OOR Ek is oek important deur Peter Snyders



1.
Wie is die spreker in die gedig?
2.
Ons lees van "geldgatte" in die gedig:

2.1
Wat is 'n geldgat? (reël 1)

2.2
Wie is die geldgatte in reël 1?

2.3
Gee 'n ander woord wat dieselfde beteken as geldgat.
3.
Waar gooi die mense hulle piesangskille?
4.
Hoekom dink die spreker dat hy belangrik is?
5.
Skryf 'n woord uit die eerste strofe neer wat na wyn verwys.
6.
Waarna dink jy verwys

6.1
borrels?

6.2
blikkies?
7.
Wat dink jy, probeer die digter met hierdie gedig sê?
8.
Hoekom dink jy word die woorde so uitgerek in "r o n d g e s t r o o i    h e t …"?
9.
Watter stylfiguur kom in "vrot vrugte" voor?
10.
Skryf "gespendit" in Standaardafrikaans oor.





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking