| 
1. | 
Haal
  inleidingswoorde aan wat tipies van 'n kinderverhaal is. | |
| 
2. | 
Noem twee vorms
  van natuurlike lig wat genoem word. | |
| 
3. | 
Noem twee vorms
  van kunsmatige lig wat genoem word. | |
| 
4. | 
Die koue,
  genadelose lewe van die stadsmens/stadskind word in hierdie gedig uitgebeeld.
  Gee vier woorde/beelde wat hierdie koue genadeloosheid beklemtoon. | |
| 
5. | 
Hoekom word daar
  spesifiek na "stiefouers" in die gedig verwys? | |
| 
6. | 
6.1 | 
Wat is die
  "ysterswaan" in hierdie gedig? | 
| 
6.2 | 
Hoekom word
  hierdie metafoor gebruik? Noem twee dinge. | |
| 
6.3 | 
Hoe dra die
  ysterswaan daartoe by om die omgewing waarin Hansie en Grietjie grootword,
  verder te besoedel? | |
| 
6.4 | 
Waar word die
  ysterswaan snags gehou? | |
| 
7. | 
7.1 | 
Tot hoe laat werk
  Hansie en Grietjie se ouers? | 
| 
7.2 | 
Wat doen die
  kinders die hele dag lank terwyl hul ouers by die werk is? | |
| 
7.3 | 
Watter aanduiding
  kry ons dat die kinders eers na donker gehaal word? | |
| 
8. | 
Ons lees dat Hansie
  en Grietjie opgehys, gebad en gevoer word; dan moet hulle soet gaan slaap.
  Ons lees nie dat hulle hulself ophys, bad, eet en dan gaan slaap nie. Wat is
  die doel van die gebruik van die lydende vorm hier? | |
| 
9. | 
"in 'n hok
  moet hulle soet gaan slaap" 
Wat vind ons
  hier: 'n versoek, 'n kompliment, 'n bedekte waarskuwing? | |
| 
10. | 
In watter opsig
  is die lewe in die huis maar net 'n voortsetting van die lewe by die heks se
  huisie? | |
[Bron: http://getdrawings.com/hansel-and-gretel-clipart#hansel-and-gretel-clipart-1.jpg]

 
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking