| 
1. | 
1.1 | 
Noem vier maniere
  waarop daar in Hansie en Grietjie se fisieke behoeftes voorsien word. | 
|  | 
1.2 | 
In watter
  behoefte van hulle word daar egter nie voorsien nie? | 
| 
2. | 
Op watter manier
  kom die kinders in opstand teen die soort lewe wat hulle lei? | |
| 
3. | 
Oor watter twee
  stelle tralies klim die twee kinders om by hul vryheid uit te kom? | |
| 
4. | 
Verduidelik in
  die konteks van die gedig: "ver van die huis af". | |
| 
5. | 
In die laaste vyf
  reëls van die gedig is dit nie meer 'n moderne weergawe van die Hansie en Grietjie-verhaal
  nie, maar 'n ander kinderverskarakter. | |
|  | 
5.1 | 
Watter karakter
  is dit? | 
|  | 
5.2 | 
Wat het hierdie Hansie
  en Grietjie met hom gemeen? | 
| 
6. | 
Vanaf reëls 3 tot
  15 word die teenwoordige tyd gebruik, daarna die verlede tyd. Chronologies
  maak dit nie sin nie. Hoekom word die verlede tyd aan die einde gebruik
  terwyl die res van die gedig in die teenwoordige tyd is? | |
| 
7. | 
Watter aanduiding
  kry ons in die gedig | |
|  | 
7.1 | 
dat die persoon
  wat bedags na die kinders omsien, 'n ware heks is? | 
|  | 
7.2 | 
dat die kinders
  moontlik nog baie klein is? | 
| 
8. | 
Ons kry in
  hierdie gedig 'n moderne Hansie en Grietjie. Die twee verhale toon verskeie
  ooreenkomste, maar ook 'n aantal verskille. Hoe verskil die twee verhale ten
  opsigte van | |
|  | 
8.1 | 
die ruimte? | 
|  | 
8.2 | 
die slot? | 
| 
9. | 
Verklaar die
  letterlike betekenis van "opgehys" in reël 14. | |
| 
10. | 
Haal die metafoor
  in die gedig aan vir dagmoeder.  | |
Dinsdag 14 Augustus 2018
10 VRAE OOR Hansie en Grietjie van Eveleen Castelyn (2)
Etikette:
Hansie en Grietjie,
NSS gedigte
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
 
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking