Vrydag 20 Julie 2018

'N PA VIR SATERDAG deur Christo Davids (Bespreking 3)


‘n Gebeurtenis in die verhaal wat eintlik losstaan van die res, is wanneer Tino die dag voor die groot wedstryd teen laatmiddag eers in die straat voor hulle huis gaan staan en op en af in die straat kyk of hy niemand sien aankom nie. Dit dui op sy desperaatheid om ‘n pa vir Saterdag te kry. Daarna gaan haal hy die leer en klim op hul dak. Dit is skemer en die straatligte brand reeds. Dis koel, maar Tino laat hom nie hierdeur afskrik nie. Hy gaan sit aan die kant van die huis wat op die straat uitkyk. Hy kan ver in die straat afkyk, maar hy sien net ‘n fietsryer en ‘n hond wat sy nood teen ‘n lamppaal verlig. Hy bly ‘n lang ruk daar sit en wag tevergeefs op die koms van ‘n moontlike pa. As hy uiteindelik weer grond toe klim, gaan hy die huis binne en vernietig sy pa se foto, en daarmee saam ook alle hoop om ooit met hom kontak te hê.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking