Vrydag 20 Julie 2018

'N PA VIR SATERDAG deur Christo Davids (Karakters 2)

Martin
         
Dit lyk nie asof Martin veel respek vir Tino en sy rugbyvermoëns het nie. Hy tree baie antagonisties teenoor Tino op, veral wanneer hy besef dat Tino besig is om leuens te vertel. Hoe meer Tino jok, hoe minder vertrou Martin hom en hoe meer konfronterend raak hy teenoor Tino. Later maak Martin dit sy doel om Tino te ontmasker. Hy treiter Tino later so erg dat Tino enigiets denkbaar sal doen om kontak met Martin te vermy. Dit help egter nie, want omstandighede dwing hulle saam, in die klaskamer sowel as op die rugbyveld.

Weens Martin se vyandige houding teenoor Tino, verkleineer hy hom en probeer ‘n gek van hom maak. Hy maak kwetsende aanmerkings teenoor Tino en spaar nie sy sensitiewe gevoelens nie. Hy is baie leedvermakerig wanneer hy Tino voor die hele rugbyspan en afrigter uitdaag om sy pa vir hulle te kom wys: hy vertel hulle dat Tino se pa ‘n provinsiale rugbyspeler was en dat hulle dus daardie Saterdag ‘n baie beroemde persoon by die pa-en-seun-wedstryd kan verwag. Die res van die seuns is baie beïndruk, maar Martin weet wat die waarheid is. Dit lyk of die afrigter ook bedenkinge het oor die waarheid van hierdie bewering.

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking