OPSOMMING
Jakoet is baie verlig wanneer hy die
rots haal en anderkant die rots in die veiligheid van digte seebamboes kan gaan
skuil. Daarna swem hy na die rotse toe en verlaat die water. Hy weet nie hoe hy
die haai aan ander mense sal kan beskryf of verklaar hoekom hy nie aangeval is
nie. Dit was 'die indrukwekkendste, mooiste lewende ding wat hy nog ooit gesien
het’.
Op pad terug Gordonsbaai toe, wonder
Jakoet watter herinnering die haai saamdra van dié gebeurtenis wat hom vir
altyd sal bybly. Hy wonder of die haai geweet het dat hy 'n mens is en nie net nog
'n ander swart inwoner van die see nie.
By die karavaanpark in Gordonsbaai
verkoop Jakoet sy vyf krewe vir driehonderd rand aan 'n man van Johannesburg en
die man betaal met 'n glimlag, want dit is goeie waarde vir geld. Op pad
Tarentaalplaas toe, kom hy drie skollies teë. Mickey Plaatjies is een van hulle
en altyd daarop uit om moeilikheid te maak. Jakoet vertel dat hy leë bottels
gaan versamel het. Beledigings word heen en weer geslinger en Mickey dreig om
Jakoet met 'n mes te steek.
Jakoet klim van die fiets af en begin
die skollies met die leë bottels gooi wat bo-op in die fiets se drabak lê. Hy
lag as hy sien hoe hulle weghardloop. Ná sy skrikwekkende ervaring met die
withaai sien Jakoet kans vir enige gevaar en dis hoekom drie dreigende skollies
hom nie laat skrik nie. "Daar’s niks in Tarentaalplaas waarvoor hy hoef bang te
wees nie, of in die ganse Kaap."
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking