Vrydag 13 Julie 2018

10 VRAE OOR Pryslied van Antjie Krog (1)


'N HULDEBLYK AAN MADIBA

Op die vooraand van die herdenking van Nelson Mandela se 100ste verjaarsdag op 18 Julie, wil die blog graag hulde bring deur hierdie inskrywing aan hom te wy.

Pryslied is geskryf na die inhuldiging van Nelson Mandela op 10 Mei 1994 as die eerste staatspresident van 'n demokratiese Suid-Afrika.

PRYSLIED deur Antjie Krog (NSS EAT Graad 12) 

1.   Die woord "sandkliphart" (reël 1) verwys na die sandsteengebou waaruit Nelson Mandela oor Suid-Afrika sou regeer. Dis ook voor hierdie gebou waar sy inhuldiging as president plaasgevind is. Na watter gebou word hier verwys?

2.   "kop en skraal skouers staan hy bo almal uit"
      Hierdie woorde kan 'n letterlike sowel as 'n figuurlike betekenis hê. Verduidelik.

3.   Gaan vind uit waar daar in Suid-Afrik standbeelde vir Nelson Mandela opgerig is waarin hy kop en skouers bo almal uitstaan.

4.   Wat bedoel die spreker wanneer sy Mandela se hare met "houtskool en as" vergelyk?

5.   Vind uit wie die volgende persone was na wie daar in die gedig verwys word:
      5.1     uNosekeni
      5.2     Mandela
      5.3     Dalindyebo

6.   Haal toepaslike woorde uit die gedig aan wat aandui waar Nelson Mandela grootgeword het.

7.   Watter onopvallende geboortevlek het Nelson Mandela gehad?

8.   In reël 27 lees ons van 'n "verskeurde land". Wat was Nelson Mandela se funksie in hierdie verskeurde land? Haal 'n enkele woord uit die gedig as antwoord aan.

9.   Haal die versreël aan wat aandui dat Madiba dikwels nie emosie getoon het nie.

10. "hy draai ons na mekaar toe" (reël 28) –
      10.1   Wie dink jy is "ons" in die aangehaalde woorde?
      10.2   Sê kortliks in jou eie woorde wat met die woorde hierbo bedoel word.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking