Dinsdag 05 Junie 2018

Taalvaardigheid: Woordorde (1)

Woordorde - Enkelvoudige sinne


Het jy geweet …?

Die eerste werkwoord in 'n Afrikaanse sin het 'n vaste posisie. Dit is altyd die tweede komponent van 'n sin.

As hierdie werkwoord na die eerste posisie toe verskuif, word dit 'n algemene vraag.

'n Afrikaanse sin hoef nie altyd met die onderwerp (subject) te begin nie, maar die werkwoord moet altyd tweede staan.

'n Sin kan ook met 'n bepaler van tyd, wyse of plek begin.

In Afrikaans kom tyd voor plek waar 'n sin wat met 'n onderwerp begin; in Engels is dit andersom.

'n Sin kan ook met die lang infinitief begin; dan plaas ons 'n komma tussen die werkwoord na die 'te' en die daaropvolgende werkwoord, bv. Om sy honger te stil, vang die leeu 'n bok.

Wanneer 'n Afrikaanse sin met 'n voorwerp (object) begin, kry ons die lydende vorm-konstruksie.

Wanneer daar meer as een tydbepaling in 'n sin is, plaas ons algemene tyd voor spesifieke tyd, bv. Die diere gaan elke oggend  (algemeen) om sesuur (spesifiek) watergat toe om te drink. In Engels is dit andersom.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking