Dinsdag 05 Junie 2018

Taalvaardigheid: Woordorde (2)


WOORDORDE: Enkelvoudige sinne

Die woordorde van 'n gewone Afrikaanse sin lyk soos volg: 

S   V1   T   O   M   P   V2   I

S         subject (onderwerp)
V1       verb 1 (werkwoord 1 - gewoonlik 'n hulpwerkwoord))
T          time (tyd)
O         object (voorwerp)
M         manner (wyse, manier)
P         place (plek)
V2       verb 2 (werkwoord 2 - gewoonlik 'n hoofwerkwoord)
I           infinitive (infinitief)

As 'n voorwerp (object) 'n persoonlike voornaamwoord (personal pronoun) of 'n eienaam (proper noun) is, sal die voorwerp voor tyd staan.

Voorbeeld: 
           
Ek sien elke aand sy oupa voor die TV sit en diereprogramme kyk.   

Maar:

Ek sien hom/Andrew elke aand voor die TV sit en diereprogramme kyk.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking