Saterdag 28 Februarie 2026

DIE DANS VAN DIE REËN – Eugène Marais

DIE DANS VAN DIE REËN – Eugène Marais

INHOUD

Hierdie gedig word die lied van die Boesmanvioolspeler, Jan Konterdans, uit die Groot Woestyn – die Kalahari – wat op sy viool speel en sing, bid dat die reën, "ons Suster", moet kom, en mens, grootvolk en kleinvolk is almal bly as die reën oor die droë aarde uitsak.

Dit titel van die gedig dui aan dat ons na die "dans" van die reën gaan luister. Die reën word beskryf vanuit die oogpunt van die woestynbewoners, die diere en insekte wat daar woon. Hulle opgewondenheid blyk duidelik uit die oproep "O" waarmee die gedig begin. Aanvanklik begin dit as weerligstrale en die veraf gerammel van donderweer ("haar armbande blink en haar krale skitter; saggies roep sy").

Geleidelik kom die reën nader en word voorafgegaan deur ʼn wind wat uitgenooi word om aan die fees deel te neem. Die diere (bokke) op die vlakte word ook bewus van die naderende reën, want hulle ruik die reën in die wind en die spore van die eerste reëndruppels in die sand. Die insekte onder die grond se oppervlak word ook bewus van die reën wat op die grond begin val. Hulle kom op boontoe en juig oor die reën: "Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!"

Die reën val harder op die droë aarde en sprei uit om oor ʼn wye gebied uit te sak. ("sy sprei die vaal karos met altwee arms uit"). Die wind wat die reën voorafgegaan het, verdwyn nou en al wat oorbly is die lieflike geluid van die reën terwyl alles in die veld jubel oor die "dans van ons Suster!"

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking