OOM DIRK SCHUTTE
1. |
Greg se eerste kennismaking met oom Dirk verloop nie goed nie. Sê kortliks wat gebeur het. |
2. |
Hoekom kom oom Dirk Greg later by die universiteit se sportsentrum opsoek? |
3. |
Oom Dirk het op vroeë pensioen afgetree. |
3.1 |
Watter werk het hy gedoen voordat hy op vroeë pensioen gegaan het? |
3.2 |
Hoekom het hy vroeg afgetree? |
4. |
Hoe reageer oom Dirk as Greg vir hom vertel wat met Tom gebeur het? |
5. |
Oom Dirk belowe om Greg se ouers te probeer help. |
5.1 |
Hoe weet ons dat sy hulp aan Greg se pa nie gehelp het nie? |
5.2 |
Op watter manier help hy Greg se ma? |
6. |
Wat is oom Dirk se reaksie as Greg hom vertel wat met Plank gebeur het? |
7. |
Hoekom het Greg en Xander aanvanklik gedink dat oom Dirk die Baker was? |
8. |
Sê kortliks hoe Xander reageer wanneer oom Dirk vir Greg water in die Palazzo Vecchio aanbied. |
9. |
Oom Dirk het baie ervaring van misdadigers. Waar begin hy gewoonlik as hy 'n ondersoek doen? |
10. |
Hoekom is Xander deurentyd so antagonisties teenoor oom Dirk? |
11. |
Hoekom kan Ayla en oom Dirk nie vir Greg-hulle help waar hulle in die Koninklike Tuine in Venesië aangehou word nie? |
12. |
Vertel kortliks hoe Greg aan die einde oom Dirk se lewe red. |
13. |
Waar sien Greg vir oom Dirk en Lisa as hy weer terug in Suid-Afrika is? |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking