Maandag 25 September 2023

Oom Dirk Schutte

 ANTWOORDE

1.

Oom Dirk het vir Lisa en Plank met sy bakkie kom aflaai om Greg by Kauai te ontmoet. Toe hy besef wie Greg is, het hy uit sy bakkie gespring en Lisa beveel om terug te klim. Hy het Greg gewaarsku om Lisa uit te los en toe het hy en Lisa weggery.

2.

Sy vrou het daarop aangedring dat hy vir Greg om verskoning moet vra vir sy vroeëre optrede.

3.1

Hy was 'n polisieman.

3.2

Sy werk in die polisie het soveel stres veroorsaak dat hy dit nie langer kon hanteer nie.

4.

Hy vloek en frommel die bierblikkie in sy hand op.

5.1

Greg se pa is in die tronk aangerand en hy is in die intensiewe sorgeenheid van 'n privaathospitaal opgeneem.

5.2

Sy is bekommerd oor Tom en vra dat oom Dirk hom (en vir Plank) moet probeer opspoor. Dis hoekom hy Florence toe gekom het.

6.

Oom Dirk is woedend en bal sy vuiste. Greg dink hy gaan hom aanrand. Oom Dirk vloek onderlangs en beskuldig Greg daarvan dat hy Plank vir die wolwe gevoer het.

7.

Oom Dirk het hulle naby die Baker se woonplek in 'n swart motor gejaag. Weens sy polisie-agtergrond het hy moontlik kontak met die onderwêreld.

8.

Hy wil Greg nie toelaat om die water te drink wat oom Dirk aanbied nie. Hy bied Ayla se waterbottel vir Greg aan.

9.

Oom Dirk glo dat as 'n mens 'n skelm wil vastrek, moet jy met die name van moontlike verdagtes begin.

10.

Hy glo oom Dirk nie wanneer hy sê dat hy nie die Baker is nie – hy is steeds agterdogtig teenoor oom Dirk.

11.

Hulle word self deur die Baker se manne aangehou. Hul hande is vasgebind en hul monde is toegeplak.

12.

Wanneer die snelboot Greg-hulle se boot tref en daar op hulle geskiet word, beland Greg en oom Dirk albei in die water. Oom Dirk kan nie swem nie en klou paniekerig aan Greg vas. Met 'n groot gesukkel slaag Greg uiteindelik daarin om oom Dirk na veiligheid te bring.

13.

By Plank se begrafnis. Almal wat Plank geken het, woon sy begrafnis by, insluitende Greg, Lisa en oom Dirk. 

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking