Dinsdag 11 Julie 2023

DONKER WEB-GEBASEERDE TAALVRAE – TAAK 1 – Greg verruil Johannesburg vir Stellenbosch – Woordstrukture

Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies soos aangedui.

 

1

Greg Owen se pa en Dok Pienaar is in die (gevangenis – gee 'n sinoniem) _____ in Pretoria (a.g.v. – skryf in woorde) _____ moord en terrorisme.

2

2

Hy verlaat sy ouerhuis in Johannesburg, want hy gaan 'n (studeer – afgeleide naamwoord) _____ in Stellenbosch word.

1

3

Danksy 'n trustfonds kan hy 'n (nuwe – intensiewe vorm) _____ motor en 'n gerieflike woonplek (kos – afgeleide werkwoord) _____.

2

4

Sy ou skoolmaat, Plank, verwelkom hom met sy (aankom – afgeleide naamwoord) _____ in Stellenbosch.

1

5

Plank is in Stellenbosch om die studentelewe te geniet; sy (studeer) _____ is vir hom (nie belangrik nie – gee een word) _____.

2

6

Die feit dat Chris Owen 'n (misdaad – afgeleide persoonsnaam) _____ is, agtervolg Greg orals, daarom wil hy nie (social – gee die Afrikaans) _____ wees nie.

2

7

Hy wil die Baker probeer (opspoor – gee 'n sinoniem) ____ sodat hy saam met sy pa en Dok Pienaar (punished – gee die Afrikaans) _____ kan word.

2

8

Hiervoor (nodig – afgeleide werkwoord) _____ hy Xander Gericke se (help – afgeleide naamwoord) ______.

2

9

In een van twee (video – gee die meervoud) _____ wat Xander ontvang, sien hy die (wreed – gee die regte vorm van die woord) _____ manier waarop sy pa doodgemaak word.

2

10

Net hierna sien hy nog 'n wreedaardige (vermoor – gee 'n afgeleide naamwoord) _____ - sy "hacker-buddy" Tom (sin, syne, s'n – kies die regte woord) _____. _____

2

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking