Dinsdag 11 Julie 2023

DONKER WEB-GEBASEERDE TAALVRAE – TAAK 1 – Greg verruil Johannesburg vir Stellenbosch – Sinstrukture

 

Voltooi die onderstaande sinne soos aangedui.

 

1

Greg Owen se pa en Dok Pienaar is in die gevangenis in Pretoria weens moord en terrorisme.

Greg Owen se pa en Dok Pienaar is in die gevangenis in Pretoria omdat ...

1

2

Hy verlaat sy ouerhuis in Johannesburg om in Stellenbosch te gaan studeer.

Hy verlaat sy ouerhuis in Johannesburg sodat ...

1

3

Danksy 'n trustfonds koop hy 'n nuwe motor en huur 'n gerieflike woonplek.

Danksy 'n trustfonds kan hy sowel ...

1

4

Sy ou skoolmaat, Plank, verwelkom hom as hy in Stellenbosch aankom.

Hy ...

1

5

Plank is in Stellenbosch om die studentelewe te geniet, nie om te studeer nie.

Plank wil ... en nie studeer nie, daarom ...

2

6

Greg se pa se misdaad agtervolg hom orals. Hy meng nie juis met ander studente nie.

Aangesien ..., ...

2

7

Hy wil die Baker probeer opspoor sodat hy saam met sy pa en Dok Pienaar opgesluit kan word.

Hy sê vir Plank: "..., want ..."

2

8

Xander Gericke sal hom hiermee moet help, maar hy wil niks met Tom te doen hê nie.

Xander Gericke sal hom hiermee moet help, maar hy weier ...

1

9

Xander sien 'n video waarin sy pa wreed tereggestel word en besluit om Tom te help.

Nadat ..., ...

2

10

Net hierna word Tom, Xander se "hacker-buddy", ook wreedaardig vermoor.

Net hierna kry Xander die nuus dat ...

1

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking