Donderdag 05 Januarie 2023

DBO Afrikaans EAT: Krisis - Elisabeth Eybers

Krisis - Elisabeth Eybers: Meerkeusige vrae

1.

Watter soort gedig is "Krisis"?

 

A

'n haikoe

 

B

'n ballade

 

C

'n sonnet

 

D

'n elegie

2.

Hoe is hierdie gedig geskryf?

 

A

As 'n monoloog

 

B

As 'n gesprek

 

C

As 'n dialoog

 

D

As 'n vertelling

3.

Wat beteken reël 2?

 

A

Die hart is gereed om van die hoof te skei.

 

B

Die hoof is gereed om van die hart te skei.

 

C

Die hart en hoof is gereed om van mekaar te skei.

 

D

Nie een van die twee is gereed om te skei nie.

4.

Watter stelling is verkeerd?

 

A

Die hart gee die hoof goeie advies.

 

B

Die hart was tot nou toe die leier.

 

C

Die hart tree dikwels impulsief op.

 

D

Die hart wil altyd totale beheer hê.

5.

Watter woord dui aan dat die hart ligsinnig is?

 

A

gasheer

 

B

nar

 

C

siek

 

D

las

6.

Watter soort rym vind ons in die gedig?

 

A

binnerym

 

B

kruisrym

 

C

paarrym

 

D

omarmde rym

7.

Watter effek het die hart se raad op die hoof?

 

A

Dis baie opwindend.

 

B

Dis uiters kalmerend.

 

C

Dit maak hom deurmekaar.

 

D

Dis heeltemal nutteloos.

8.

Wat impliseer reëls 9 en 10 van die hart?

 

A

oorheersing

 

B

kompromie

 

C

minderwaardigheid

 

D

samewerking

9.

Wat impliseer "klowe, afgrond en moeras" in die gedig?

 

A

opwinding

 

B

skoonheid

 

C

gevaar

 

D

verskeidenheid

10.

Wat word die laaste twee versreëls van hierdie gedig genoem?

 

A

'n sestet

 

B

'n koeplet

 

C

'n oktaaf

 

D

'n tersine

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking