STRELITZIA Annie Klopper
1. |
Die titel van die gedig is "Strelitzia", die naam van 'n blom. Dis egter nie werklik waaroor die gedig handel nie. |
1.1 |
Waaroor, volgens jou, handel die gedig hoofsaaklik? |
1.2 |
In watter ander voorgeskrewe gedig handel die gedig ook nie werklik oor wat die titel aandui nie? |
2. |
Watter aanduiding kry ons dat die Van Bredas's moontlik ryk/statusbewuste mense is? |
3. |
Waarheen dink jy is Susan van Breda op pad? |
4. |
Susan van Breda staar geskok na die linkerkant van haar motoroprit. |
4.1 |
Wat is haar seun besig om te doen wat haar skok? Sê kortliks in jou eie sin. |
4.2 |
Hoekom dink jy doen hy dit? |
4.3 |
Op watter manier het die tienerseun in "Daarom" sy frustrasie op dinge uitgehaal? |
5. |
Watter van die volgende eienskappe is nie deel van Susan van Breda nie? Kies die beste antwoord. |
A |
Sy is stiptelik. |
B |
Sy is apologeties. |
C |
Sy is goed versorg. |
D |
Sy is snobisties. |
6. |
Noem twee dinge in die gedig wat orde aandui. |
7. |
Wat beteken dit om iets te "kop"? |
8. |
Watter leestekens word gebruik om 'n parentese aan te dui |
8.1 |
in strofe 1? |
8.2 |
in strofe 2? |
9. |
Wat is die verskil tussen "verskonings maak" (reëls 1 en 11) en "aan verskonings dink" (reël 16)? |
10. |
Watter klank oorheers in die gedig? |
Antwoorde:
1.1 |
Oor die swak verhouding tussen 'n ma en haar tienerseun. |
1.2 |
Taylor Swift |
2. |
Susan van Breda ry met 'n luukse sedan. |
3. |
werk toe |
4.1 |
Hy is besig om die strelitzia langs die oprit stukkend te skop. |
4.2 |
Hy is gefrustreerd/Hy is kwaad vir sy ma en haal nou sy woede op die plant uit. |
4.3 |
Hy het deure toegeklap. |
5. |
B |
6. |
Susan van Breda wat stiptelik om sewe-uur agter haar motor se stuur inskuif |
|
Die simmetries geplaveide siersteenoprit |
7. |
om iets te verstaan/begryp |
8.1 |
aandagstrepe |
8.2 |
hakies |
9. |
verskonings maak: Om iemand se optrede te probeer goedpraat |
|
aan verskonings dink: Om redes te soek vir hoekom iets gebeur (het) |
10. |
Die s-klank |