HOOFSTUK 16
WOORDSTRUKTURE
Verkleining
Lees die sinne hieronder deur en skryf dan die verkleiningsvorm van die donkergedrukte woorde in die tabel neer.
- Barries jaag met die siek hond veearts toe.
- Om 'n haarnaalddraai verloor Barries amper beheer oor die Isuzu, maar gelukkig bly die voertuig op sy wiele.
- Volgens dokter Hakinin het Jona te veel oefening gehad, maar hy sal oukei wees.
- Volgens dokter Hakinin het sy nie R2 000 afslag op Jona se operasie gegee nie – Paul het die volle rekening betaal.
- Op pad terug tref Barries 'n uitstaanrotspunt by die haarnaalddraai wat die Isuzu se lig en modderskerm beskadig.
- Barries neem 'n foto van die skade aan die voertuig.
- Barries herleef die aand toe hulle die verkeersman met Theo se Opel Kadett raakgery het.
- Barries gaan bel sy ma en sy sê dat die verkeersman se vrou die waarheid oor die ongeluk wil weet.
- Sy ma vertel dat Butcher op soek is na Barries en Barries waarsku haar om nie die deur vir vreemdelinge oop te maak nie.
- Barries het twintig dae laas dagga gerook, maar nou soek hy dringend dagga. Volgens Paul hou die polisie Barries in opdrag van kaptein Mfeka dop.
- Uit pure frustrasie gaan Barries buitetoe om hout te kap. Fillie Booysen wag hom by die kapblok in.
- Fillie se pa het daarop aangedring dat hy Barries se tasse met klere moes terugbring.
- Fillie nooi Barries om te kom kyk waar sy huis is, maar tussen die hoë rotse verloor Barries hom.
- Paul vertel vir Barries dat iemand sy beursie gesteel het.
- Volgens Paul het hy Barries plaas toe laat kom sodat hy dinge tussen hulle kan regstel.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking