Sondag 11 Oktober 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge

HOOFSTUK 16

SINSTRUKTURE

Gemengde oefening

Lees die sinne hieronder en skryf dit dan oor soos aangedui:

 

1

Barries jaag met die siek Jona na dokter Hakinin se spreekkamer toe.

 

Barries besluit om ...

 

 

2

Om 'n haarnaalddraai verloor Barries amper beheer oor die Isuzu, maar gelukkig bly die voertuig op sy wiele.

 

Barries ..., maar gelukkig bly die voertuig op sy wiele.

 

 

3

Dokter Hakinin wag by die spreekkamer, al is dit nog donker wanneer Barries en Jona daar aankom.

 

Alhoewel ..., ...

 

 

4

Volgens dokter Hakinin het Jona te veel oefening gehad, maar hy sal oukei wees.

 

Dokter Hakinin sê: "..."

 

 

5

Dokter Hakinin sê dat sy nie R2 000 afslag op Jona se operasie gegee nie – Paul het die volle rekening betaal.

 

Volgens ... – Paul het daarop aangedring om ...

 

 

6

Op pad terug tref die Isuzu 'n uitstaanrotspunt by die haarnaalddraai.

 

Op pad terug word ...

 

 

7

Die Isuzu se lig en modderskerm word deur die uitstaanrots beskadig.

 

Die uitstaanrots ...

 

 

8

Nico Schreuder skakel om te sê dat die verkeersman daardie nag oorlede is.

 

Nico Schreuder skakel en sê: "..."

 

 

9

Nico sê Barries moet nie homself vir die man se dood blameer nie.

 

Nico sê Barries hoef ...

 

 

10

Sy vra: "Barries, is daar nog iets oor die man se dood wat jy wil uitvind?"

 

Barries antwoord: "Nee, ..."

 

 

 


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking