Dinsdag 21 Julie 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge


SINSTRUKTURE

 A.  Ontkennende vorm (Negatief)

Skryf die sinne of beantwoord die vrae hieronder in die ontkennende vorm soos aangedui:

1.
Paul en Barries besoek nie die dokter as hulle in Humansdorp kom nie.

Nóg ...




2.
Die veearts behoort X-strale van Jona te neem.

Die veearts hoef ...




3.
Het jy al ooit inwendige beserings gehad?

Nee, ...




4.
Is daar nog iets wat Barries kan verkoop om geld te kry?

Nee, ...




5.
Jona moet twee weke lank by die veearts bly.

Jona hoef ...




6.
Het Barries dagga by die Nigeriese straathandelaar gekoop?

Nee, ...




7.
Paul het niks gesê van die man wat hy doodgeslaan het nie. Barries se ma het ook niks gesê nie.

Nóg ...




8.
Het Paul al verskoning gevra vir sy optrede in die verlede?

Nee, ...




9.
Wil oom Charles nog oor Paul se kriminele rekord praat?

Nee, ...




10.
Het Paul al die skildery voltooi waarmee hy besig was?

Nee, ...





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking