Sondag 03 Junie 2018

10 VRAE OOR Die wêreld het so klein geword van Alta Marincowitz (1)

  1. Van watter "twee kortes en drie langes" lees ons in strofe 1?
  2. Hoe het die spreker se ma se vermaak (in 'n dorp) verskil van haar niggies in die stad s'n?
  3. Twee soorte boeke word in die gedig genoem. Watter twee is dit?
  4. Wat was die speker se ma se drome as jong meisie?
  5. Hoekom hoef die spreker nie vandag dieselfde drome te hê nie?
  6. Haal paslike woorde uit die gedig aan wat aandui dat mense nie alles omtrent hulself op sosiale media deel nie.
  7. Dink jy dis funksioneel dat die eerste strofe die kortste en die laaste strofe die langste is? Verduidelik kortliks.
  8. Verduidelik kortliks die vreemde tipografie van die laaste strofe.
  9. Gee 'n goeie voorbeeld van alliterasie uit die laaste strofe.
  10. Voltooi die onderstaande tabel deur paslike woorde in die spasies in te vul:
 

Kommunikasiemiddel
Hoofbron van kennis
Boom/bome waarvan ons lees
ouma



ma



spreker





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking