Saterdag 27 September 2025

VISUELE BEGRIP: INFOGRAFIKA

VISUELE BEGRIP: INFOGRAFIKA

Kyk na die infografika hieronder en beantwoord dan die vrae daaroor. Dit handel oor die verskillende soorte koffie wat mense drink en die bestanddele en hoeveelhede wat elkeen bevat.


[Bron onbekend]

VISUELE BEGRIP: INFOGRAFIKA

 VISUELE BEGRIP: INFOGRAFIKA

VRAE

3.1

Hoe verskil Macchiato en Galao? (1)

3.2

Hoekom sal Raf soeter as die ander koffiesoorte wees? (1)

3.3

Die meeste koffies bevat melk of 'n melkproduk. Watter koffie bevat die meeste melk? (1)

3.4

Watter 2 koffies bevat alkohol? (2)

3.5

Hoekom sal Glace en Frappe waarskynlik koud gedrink word? (2)

3.6

Watter koffie sal iemand bestel wat net 'n gewone koppie swart koffie verkies? (1)

3.7

Espresso word gewoonlik in klein koppietjies bedien. Wat dink jy is die rede hiervoor?

A

Espresso is baie duur.

B

Espresso is baie sterk.

C

Espresso is baie skaars.

D

Espresso kry nie melk in nie. (1)

3.8

Watter van die 16 soorte koffie sal jy verkies? Gee 'n goeie rede vir jou keuse. (1)

 [10]

VISUELE BEGRIP: INFOGRAFIKA

VISUELE BEGRIP: INFOGRAFIKA

ANTWOORDE

3.1

Macchiato kry minder melkskuim as Galao /

Galao kry meer melkskuim as Macchiato. (1)

3.2

Daar kom eers stroop onderin die koppie voordat die koffie ingegooi word. (1)

3.3

Melkkoffie (1)

3.4

Corretto (1) en Ierse koffie (1)

3.5

Glace bevat roomys (1) en Frappe bevat ys. (1) Albei is koue bestanddele.

3.6

Americano (1)

3.7

B – Espresso is baie sterk. (1)

3.8

Leerder se eie keuse en motivering (1)

 [10]