Woensdag 02 Oktober 2024

KEN JOU KOS TAALBOEK

Die volgende taaloefening kom uit Ken jou kos, EDUPAGE se taal- en begripgids. Die gids bestaan uit 20 modules oor tradisionele Suid-Afrikaanse kossoorte. Hierdie gids is verkrygbaar teen R65 by edupagecc@gmail.com of elektronies op Snapplify of Optimi. Die antwoorde is op aanvraag beskikbaar. Kontak ons gerus vir enige verdere besonderhede.



KEN JOU KOS TAALOEFENING

2.         MELKTERT

Melktert is 'n Suid-Afrikaanse gunsteling wat oorspronklik deur Nederlandse setlaars aan die Kaap geskep is. Dit bestaan uit 'n soet pasteikors en 'n vulsel, gemaak van melk, koekmeel, suiker en eiers. Die verhouding van melk tot eiers is groter as in die soortgelyke Portugese vlatert of Chinese eiertert. Die resultaat het 'n ligter tekstuur en 'n sterker melkgeur tot gevolg.

 

Kaapse setlaars uit Holland het reeds in die 17de eeu vir die eerste keer melktert gemaak. Daar word geglo dat dit uit "mattentaart", 'n tipe Nederlandse kaaskoek, ontwikkel het. Party resepte vereis dat die vlavulsel in die rou tertkors gebak word, terwyl ander vereis dat die voorbereide vulsel in die gebakte tertkors geskep en dan voorgesit word.

 

Kaneel of kaneelsuiker word dikwels oor die tert gesprinkel en die melk vir die vulsel kan ook met 'n kaneelstokkie gegeur word wanneer die vulsel voorberei word. Melktert is 'n groot gunsteling tydens kerkbasaars en by tuisnywerhede, en dit word ook deesdae by die meeste supermarkte verkoop. Dit kan koud, by kamertemperatuur of louwarm bedien word.

[Aangepas uit: Wikipedia]

gunsteling

favourite

eeu

century

oorspronklik

originally/initially

ontwikkel

develop

geskep

created

rou

unbaked

bestaan

consist

vereis

require

pasteikors

pastry crust

voorbereide

prepared

vulsel

filling

voorgesit

served

verhouding

ratio

kaneel

cinnamon

soortgelyke

similar

kerkbasaars

church fêtes

vlatert

custard tart

tuisnywerhede

home industries

melkgeur

milk flavour

bedien

served

 

A         Leesbegrip

2.1

"Melktert is 'n Suid-Afrikaanse gunsteling" beteken

A

'n Mens bak vir iemand 'n melktert as jy 'n guns wil vra.

B

Melktert het 'n kostradisie in Suid-Afrika geword.

C

Suid-Afrikaners hou baie van melktert.

D

Melktert is moeilik om te maak en dit neem lank.

 

 

2.2

Kyk na die bestanddele van melktertvulsel en sê dan wat gebruik word

2.2.1

om die vulsel te versoet.

2.2.2

om die vulsel te laat stol.

2.2.3

om die vulsel te verdik.

 

 

2.3

Watter spesery gee 'n besonderse geur aan melktert?

 

 

2.4

In watter Europese land word iets soortgelyk aan melktert geëet?

 

 

2.5

Hoe hou jy van melktert: koud, by kamertemperatuur, of louwarm? Gee 'n rede vir jou voorkeur deur in een volsin te antwoord.

 

 

 B         Sinstrukture

2.6

Melktert is oorspronklik deur Nederlandse setlaars geskep.

 

Oorspronklik

 

 

2.7

Melktert is oorspronklik deur Nederlandse setlaars geskep.

 

Nederlandse setlaars

 

 

2.8

Dit bestaan uit 'n soet pasteikors en 'n vulsel van melk, koekmeel, suiker en eiers.

 

Die pasteikors ______, met 'n vulsel wat ______.

 

 

2.9

Die verhouding van melk tot eiers is groter as in tradisionele Portugese vlatert.

 

In tradisionele Portugese vlatert

 

 

2.10

Die resultaat lei tot 'n ligter tekstuur en 'n sterker melkgeur.

 

Die resultaat behoort

 

 

2.11

Die vulsel kan met 'n kaneelstokkie gegeur word.

 

'n Mens kan 'n kaneelstokkie gebruik om

 

 

2.12

Kaneel of kaneelsuiker kan oor die tert gesprinkel word.

 

'n Mens kan óf

 

 

2.13

Melktert is 'n groot gunsteling by kerkbasaars en by tuisnywerhede.

 

Melktert is 'n groot gunsteling by sowel

 

 

2.14

Dit word ook deesdae by die meeste supermarkte verkoop.

 

Die meeste supermarkte

 

 

2.15

Het jý al ooit melktert by 'n supermark gekoop?

 

Nee,

 

C         Woordstrukture

Kan ek 2.16 (asb. – gee die woord) ____________ nog 'n 2.17 (stuk – verkleining) ____________ van die heerlike melktert kry? Dit is my 2.18 (favourite – Afrikaans) ____________ van alle 2.19 (tradisie – afgeleide byvoeglike naamwoord) ____________ Suid-Afrikaanse 2.20 (gereg – meervoud) ____________.

 

Melktert het vir die eerste keer in die 2.21 (17de – woord) ____________ eeu by 2.22 (Holland – afgeleide byvoeglike naamwoord) ____________setlaars in die Kaap 2.23 (bestaan, verstaan, ontstaan – regte woord) ____________ en sedertdien het dit baie 2.24 (populêr – antoniem) ____________ en 2.25 (beroemd – intensiewe vorm) ____________ geword.

 

Hoe 2.26 (kies, verkies, gekies – regte woord) ____________ jy jou melktert, koud of warm? As ek 'n 2.27 (kies – afgeleide naamwoord) ____________ het, sal dit 2.28 (beslis - sinoniem) ____________ warm wees. Ek hou niks van 'n stuk 2.29 (koud – intensiewe vorm) ____________ melktert wat so pas uit die 2.30 (fridge - Afrikaans) ____________ kom nie.

 

Die 2.31 (Holland – afgeleide persoonsnaam, meervoud) ____________ maak mattentaart", wat soortgelyk 2 32 (van, aan, met – regte voorsetsel) ____________ melktert is, maar dit word van kaas 2.33 (i.p.v. – skryf in woorde) __________________ volroommelk of 2.34 (afroom – verlede deelwoord) _____________ melk gemaak. Dit is nie heeltemal so 2.35 (smaak – afgeleide byvoeglike naamwoord) ____________ soos melktert nie.