In Venesië sien Greg-hulle uiteindelik die Baker se gesig op die rekenaarskerm verskyn. Elkeen reageer verskillend daarop. Sê nou in 15–20 woorde wat elkeen se reaksie is.
MOONTLIKE RESPONSE
GREG: "Ek ken dié ou van geen kant af nie. Hy is dan nie eens een van ons verdagtes nie."
XANDER: "Uiteindelik, my pa se moordenaar! Vir jou maak ek vrek as ek jou in die hande kry."
AYLA: "Dankie tog! Kan jy nou sien dat my pa nie die Baker is soos jy geglo het nie?"
OOM DIRK: "My genugtig, dis mos Sebastian Stadler! Julle moet baie versigtig wees vir hierdie gevaarlike man!"
VALKYRIE: "Sebastian, hoe kon jy toelaat dat Greg-hulle so 'n gek van jou maak? Is jy van jou kop af?"
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking