Maandag 27 Februarie 2023

LEESBEGRIP EN TAALOEFENING: DIE JAAR VAN DIE KONYN

DIE JAAR VAN DIE KONYN

VRAAG 5    Kommunikasie

Die 12 diere moes teen mekaar resies jaag om te sien wie eerste by die wenpaal aankom en dus eerste in die diereriem sal wees. Os was die vinnigste en sou die wenner gewees het as Rot nie 'n rygeleentheid gesteel het en op Os se kop gery het nie. Os is woedend hieroor, en Rot vra verskoning vir sy optrede. Volgens Rot was dit die enigste manier hoe hy ooit die wedloop sou kon wen.

 

5.1

Skryf in 10-15 woorde wat Os vir Rot sê.

5.2

Skryf in 10-15 woorde wat Rot hierop antwoord.

 

Dis 22 Januarie 2023. Die Chinese seun Yong Faan word wakker en ontdek dat daar 'n rooi koevertjie met geldnote in sy kopkussing versteek is. Wanneer hy dit oopmaak, is hy verbaas om te sien hoeveel geld daarin is. Hy skree opgewonde en storm na sy ouers se slaapkamer toe om hulle te bedank. Hy sê dat hy nou die fiets kan koop wat hy so graag wil hê.

 

5.3

Skryf in 10-15 woorde wat Yong Faan uitroep wanneer hy hierdie verrassing kry.

5.4

Skryf in 10-15 woorde wat hy vir sy ouers sê.

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking