DIE JAAR VAN DIE KONYN
VRAAG 4 Sinstrukture
Skryf die volgende sinne oor soos aangedui sonder om die basiese betekenis te verander.
4.1 |
Chinese het hierdie jaar Nuwejaar op 22 Januarie gevier. |
|
Nuwejaar… |
4.2 |
Daar is 12 diere in die Chinese diereriem. Die rot is die eerste daarvan. |
|
Daar is 12 diere in die Chinese diereriem, waarvan … |
4.3 |
Die konyn is die Chinese Nuwejaar se dier in 2023. |
|
In 2023 ... |
4.4 |
Mense wat in die Jaar van die Konyn gebore is, is vriendelik en optimisties. |
|
Mense wat in die Jaar van die Konyn gebore is, is sowel … |
4.5 |
Het jy al iemand ontmoet wat in die Jaar van die Konyn gebore is? |
|
Nee, … |
4.6 |
Sy vra: "Is dit waar dat die rot die resies van die diere gewen het?" |
|
Sy wil weet … |
4.7 |
Dit gaan 'n kalm jaar wees. Die konyn is die saggeaardste van die twaalf diere. |
|
Hierdie jaar behoort …, omdat … |
4.8 |
Hierdie jaar is 'n goeie jaar vir die meeste mense. |
|
Volgende jaar … |
4.9 |
Ek hou nie van omwentelings nie. Ek hou nie van onstabiliteit in my lewe nie. |
|
Ek hou nóg … |
4.10 |
Die rot is nie deur die Chinese keiser vir sy oneerlikheid gediskwalifiseer nie. |
|
Die Chinese keiser … |