Vrydag 06 Januarie 2023
DBO Afrikaans EAT: Ken jy die see ... Uys Krige
Ken jy die see – Uys Krige: Inhoud
Die titel van die gedig is eintlik 'n retoriese vraag. Die spreker wil by die aangesprokene weet of hy die see ken en besef hoeveel gevaar daar skuil. Die gedig impliseer dus dat "jy" nie die see ken nie en dus nie moet kla dat die prys van vis te duur is nie. Mense trotseer die elemente deur uit te gaan om vis te vang. Baie vissermanne verloor hul lewens op see omdat die weer so onvoorspelbaar is. Hulle betaal dus die hoogste prys om vis aan die mense te kan verskaf en daarom moet mense nie oor die prys van vis kla nie.
Die een oomblik lyk dit nog of die see rustig en kalm is en die volgende oomblik steek daar 'n wind op wat die see in 'n gevaarlike monster kan verander. Niemand hoor as jy om hulp roep nie en die verraderlike see is genadeloos. Dis mens teen die natuur en 'n mens waag jou lewe elke keer wanneer jy op die oop see uitgaan om vis te vang.
As voorbeeld van die verdriet wat die see kan veroorsaak, noem die spreker mevrou Mathee, 'n vrou wat haar drie seuns tydens 'n storm op see verloor het. Sy gaan staan gereeld en uitkyk oor die branders wat haar kinders se lewens geëis het. Dit is asof sy in ontkenning leef en nie kan besef wat gebeur het nie; sy hoop steeds dat hulle betyds vir tee van die see af sal terugkeer.
Personifikasie speel 'n belangrike rol in die gedig. Die see word verpersoonlik en menslike eienskappe word aan die wind en onstuimige waters toegedig. Die natuurelemente waarmee vissermanne daagliks gekonfronteer word, is soos 'n magtige wese waarteen die mens geen weerstand kan bied nie en waarteen hy gereeld op die oop see moet veg.
"Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur." |
DBO Afrikaans EAT: Ken jy die see ... Uys Krige
Ken jy die see – Uys Krige: Meerkeusige Vrae
1. |
Wie, dink jy, is die spreker in hierdie gedig? |
|
|
A |
die digter |
|
B |
'n toergids |
|
C |
'n visverkoper |
|
D |
'n inwoner van Vishoek |
2. |
Wie, dink jy, is "Meneer" met wie die spreker praat? |
|
|
A |
'n visverkoper |
|
B |
'n visserman |
|
C |
'n toeris |
|
D |
'n viskoper |
3. |
Wat het "Meneer" skynbaar gesê waarop die spreker reageer? |
|
|
A |
Hy wou weet hoeveel die vis kos. |
|
B |
Hy wou weet hoeveel soorte vis daar was. |
|
C |
Hy wou weet hoekom die vis so baie kos. |
|
D |
Hy wou weet waar hy vis kon koop. |
4. |
Wat besef mevrou Mathee nie wanneer sy oor die see uitkyk nie? |
|
|
A |
Sy besef nie hoe gevaarlik die see werklik is nie. |
|
B |
Sy besef nie haar seuns is dood en kom nie weer terug nie. |
|
C |
Sy besef nie dat haar seuns eers na teetyd terug sal wees nie. |
|
D |
Sy besef nie hoe krom sy geword het na haar seuns se dood nie. |
5. |
Watter beeldspraak kry ons in reël 2? |
|
|
A |
vergelyking |
|
B |
metafoor |
|
C |
hiperbool |
|
D |
eufemisme |
6. |
Watter woord is 'n sinoniem vir "pal" in strofe 7? |
|
|
A |
soms |
|
B |
voortdurend |
|
C |
veilig |
|
D |
bang |
7. |
"en hoor die wind al woester, wreder blaas" is 'n voorbeeld van |
|
|
A |
inversie |
|
B |
parentese |
|
C |
assonansie |
|
D |
alliterasie |
8. |
Die woord "benee" (reël 3) is 'n voorbeeld van dwangrym, en is eintlik "benede". Dis 'n woord wat verander is om by die rymskema (en metrum) te pas. Watter voorbeeld van dwangrym kry ons in strofe 5? |
|
|
A |
"mee" |
|
B |
"waar's" |
|
C |
"buur" |
|
D |
"tree" |
9. |
"Hy wat met groen jaloerse oë na ons gluur" is 'n voorbeeld van |
|
|
A |
personifikasie |
|
B |
metafoor |
|
C |
hiperbool |
|
D |
eufemisme |
10. |
Watter soort rym vind ons in hierdie gedig? |
|
|
A |
paarrym |
|
B |
omarmde rym |
|
C |
gebroke rym |
|
D |
kruisrym |