Vrydag 06 Januarie 2023

DBO Afrikaans EAT: Ken jy die see ... Uys Krige

Ken jy die see – Uys Krige: Meerkeusige Vrae

1.

Wie, dink jy, is die spreker in hierdie gedig?

 

A

die digter

 

B

'n toergids

 

C

'n visverkoper

 

D

'n inwoner van Vishoek

2.

Wie, dink jy, is "Meneer" met wie die spreker praat?

 

A

'n visverkoper

 

B

'n visserman

 

C

'n toeris

 

D

'n viskoper

3.

Wat het "Meneer" skynbaar gesê waarop die spreker reageer?

 

A

Hy wou weet hoeveel die vis kos.

 

B

Hy wou weet hoeveel soorte vis daar was.

 

C

Hy wou weet hoekom die vis so baie kos.

 

D

Hy wou weet waar hy vis kon koop.

4.

Wat besef mevrou Mathee nie wanneer sy oor die see uitkyk nie?

 

A

Sy besef nie hoe gevaarlik die see werklik is nie.

 

B

Sy besef nie haar seuns is dood en kom nie weer terug nie.

 

C

Sy besef nie dat haar seuns eers na teetyd terug sal wees nie.

 

D

Sy besef nie hoe krom sy geword het na haar seuns se dood nie.

5.

Watter beeldspraak kry ons in reël 2?

 

A

vergelyking

 

B

metafoor

 

C

hiperbool

 

D

eufemisme

6.

Watter woord is 'n sinoniem vir "pal" in strofe 7?

 

A

soms

 

B

voortdurend

 

C

veilig

 

D

bang

7.

"en hoor die wind al woester, wreder blaas" is 'n voorbeeld van

 

A

inversie

 

B

parentese

 

C

assonansie

 

D

alliterasie

8.

Die woord "benee" (reël 3) is 'n voorbeeld van dwangrym, en is eintlik "benede". Dis 'n woord wat verander is om by die rymskema (en metrum) te pas. Watter voorbeeld van dwangrym kry ons in strofe 5?

 

A

"mee"

 

B

"waar's"

 

C

"buur"

 

D

"tree"

9.

"Hy wat met groen jaloerse oë na ons gluur" is 'n voorbeeld van

 

A

personifikasie

 

B

metafoor

 

C

hiperbool

 

D

eufemisme

10.

Watter soort rym vind ons in hierdie gedig?

 

A

paarrym

 

B

omarmde rym

 

C

gebroke rym

 

D

kruisrym

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking