Woensdag 30 Junie 2021

ASEM-gebaseerde taaloefeninge

HOOFSTUK 25

SINSTRUKTURE

Gemengde oefening

 

1.

Dis Paasvakansie en Barries is op Seeplaas.

 

Omdat ..., ...

2.

Hy sit op 'n rots en wag vir Jona en Eunice du Toit om te arriveer.

 

Hy sit op 'n rots waar ...

3.

Lizette skakel en vertel dat sy, Theo en Floris nou gereeld kerk toe gaan.

 

Wanneer ..., ...

4.

Hul lewens het heeltemal verander en hulle besoek 'n kerk wat seweduisend mense kan huisves.

 

Volgens Lizette ... en die kerk wat ..., ...

5.

Theo het vier jaar opgeskorte tronkstraf gekry en hy mag twee jaar lank nie 'n motor bestuur nie.

 

Die vonnis wat ..., is vir .... Hy word ook verbied om ...

6.

Lizette vra hoe Barries die koshuislewe vind en Barries sê dis oukei.

 

Lizette wil weet: "...?", en Barries sê dat ...

7.

Sy wil kontak met Barries behou, maar Barries is nie baie gretig nie.

 

Dit klink of ..., maar Barries is nie baie gretig nie.

8.

Barries se ma bly nou ook op Seeplaas en sy het 'n voltydse verpleegster wat na haar omsien.

 

Barries se ma bly nou ook op Seeplaas en 'n voltydse verpleegster ...

9.

Paul staan rustig en tevrede op die stoep en skilder.

 

Barries sien hoe ...

10.

Stef het 'n nuwe meisie gekry en sy Beach Buggy het 'n nuwe laag rooi verf gekry.

 

Stef het 'n nuwe meisie gekry, terwyl ...

11.

Nelson se hok staan oop en hy kan kom en gaan soos hy wil.

 

Aangesien ..., ...

12.

Fillie Booysen is saam met Barries in die koshuis en is ook nou op Seeplaas vir die vakansie.

 

Barries en Fillie Booysen .... Fillie is ook nou op Seeplaas, aangesien ...

13.

Lizette wil nuuskierig weet of Eunice en Jona al arriveer het.

 

" ...?" wil Lizette nuuskierig weet.

14.

Eunice kom die hele vakansie by Barries kuier.

 

Eunice sal ...

15.

Sy en Jona stap van Kaap St. Francis af Seeplaas toe.

 

Sy en Jona beplan om ...

16.

Dis dieselfde roete wat Jona saam met Barries en Olga gestap het.

 

Barries, Olga en Jona ...

17.

Barries hoor 'n hond blaf en dan sien hy Jona en Eunice naderkom.

 

Wanneer ..., ...

18.

Jona is baie opgewonde as hy Barries by die rotse sien staan.

 

Jona is baie opgewonde om ...

19.

Barries tel 'n los klip op en gooi dit met gemak oor die rotse en tot in die water.

 

'n Los klip ... en hy gooi dit met gemak oor die rotse en tot in die water.

20.

Fillie, met 'n groot galjoen in sy hand, glimlag breed as Barries dit regkry.

 

Fillie, wat ..., glimlag breed as Barries dit regkry.

 


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking