Vrydag 18 September 2020

Hersieningsvrae en antwoorde: Gedigte

SONDAGAANDE – Fanie Viljoen

VRAE

 

1.

Waar speel hierdie gedig af? Sê kortliks, maar duidelik. (2)

2.

Watter soort gedig is "Sondagaande"? Kies jou antwoord uit die volgende:

A

'n ode

B

'n lofsang

C

'n stemmingsgedig

D

'n parodie (1)

3.

Roofvoëls word as 'n mefafoor gebruik. Wat dink jy simboliseer die roofvoëls hier? (1)

4.

Wanneer draai ("sirkel") roofvoëls gewoonlik? (1)

5.

Wat beplan hulle om te gaan doen as hulle "laer, al laer" sirkel? (1)

6.

Wat doen die roofvoëls in die gedig egter wanneer hulle al laer sirkel en uiteindelik neersink? (2)

7.

Watter woorde dui aan dat roofvoëls skerp nagvisie het? (1)

8.

Wie/Wat is die roofvoëls se prooi in hierdie gedig? (1)

 

[10]

 

ANTWOORDE

 

1.

In 'n woonstelgebied in die stad (2)

2.

C – 'n stemmingsgedig (1)

3.

Die spreker se vrees, die gevoel van bedreiging wat hy/sy op 'n Sondagaand ervaar (1)

4.

Wanneer daar iets dood op die grond onder hulle lê. (1)

5.

Hulle gaan vreet aan die prooi (karkas, dooie liggaam) wat op die grond lê. (1)

6.

Hulle gaan sit op die lamppale en tuur by die woonstelvensters in. (2)

7.

"skerp oë" (1)

8.

die stad se woonstelbewoners (1)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking