Lees
die onderstaande teks noukeurig deur en beantwoord dan die vrae daaroor.
ORRELIS
HOU AAN SPEEL TERWYL DIEF SY SELFOON GRYP
Niks is meer heilig nie en nêrens is 'n mens se goed meer
veilig nie.
Dit het kerkgangers in die Lutherse kerk in Dan Pienaar,
Bloemfontein, geleer toe 'n dief gedurende die kerkdiens doodkalm na die galery
opstap, 'n verwarmer na die besoekende orrelis, prof. Nicol Viljoen, gooi en
sy selfoon van die orrel af gryp. Die selfoondief het toe die galery verlaat
en weggehardloop.
Prof. Viljoen is die hoof van die Odeion Skool vir Musiek
(OSM) aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy het regdeur die insident aanhou orrel
speel, terwyl kerkgangers gewonder het oor die geraas wat van die galery af
kom. Hulle het eers na die diens verneem dat 'n man die kerk binnegekom en
die professor se Samsung-selfoon gesteel het.
Viljoen, wat gister vir die eerste keer as gasorrelis in
die kerk gespeel het, sê hy wil nie graag die kerk in die kollig plaas oor so
'n onbelangrike insident nie. "Dis net jammer dat so iets gedurende 'n
kerkdiens in die kerk gebeur het." Volgens Viljoen was dit 'n slegte
ervaring, maar hy het nie bedreig gevoel nie.
Hans Heinze, die voorsitter van die kerkraad, sê die
ingang na die kerk is altyd oop tydens 'n kerkdiens en die dief het deur die
voorportaal by die kerk ingekom. Hy het met die trappe na die galery
opgegaan, die selfoon gegryp en toe weer by die kerk uitgehardloop.
Viljoen het 'n die saak aan die polisie rapporteer.
|
[Verwerk
uit BEELD,
Maandag 17 Februarie 2020]
1.1
|
In watter provinsie
het hierdie insident plaasgevind?
|
1.2
|
Ons lees: "Niks
is meer heilig nie en nêrens is 'n mens se goed meer veilig
nie."
Waarna dink jy verwys
die volgende in die konteks van die berig? Gee elke keer net een woord as
antwoord:
|
1.2.1
|
"nêrens"
|
1.2.2
|
"'n mens se
goed"
|
1.3
|
Waar was die selfoon
toe dit gesteel is?
|
1.4
|
Wat het die orrelis
gedoen toe die dief sy selfoon gegryp het? Kies jou antwoord uit die volgende
en skryf net die letter neer.
|
A
|
Hy het hard gegil.
|
B
|
Hy het aanhou orrel
speel.
|
C
|
Hy het die dief met
'n verwarmer gegooi.
|
D
|
Hy het agter hom
aangehardloop.
|
1.5
|
Hoekom, dink jy, het
die ander mense nie die dief probeer stop toe hy die orrelis se selfoon gegryp
het nie?
|
1.6
|
Sê of die volgende
stellings WAAR of ONWAAR is.
|
1.6.1
|
Prof. Joubert het baie trauma tydens die insident ervaar.
Haal 'n sinsdeel aan
om jou antwoord te staaf.
|
1.6.2
|
Die dief het die deur in die
voorportaal oopgebreek om in te gaan.
Haal 'n sinsdeel aan
om jou antwoord te staaf.
|
1.6.3
|
Prof. Joubert is die Lutherse kerk se
voltydse orrelis.
Haal 'n enkele woord
aan om jou antwoord te staaf.
|
1.7
|
Hoekom, dink jy, het
die dief die orrelis met 'n verwarmer gegooi?
|
1.8
|
Hoekom verkies prof.
Joubert om nie met die nuusmedia oor die insident te praat nie?
|
1.9
|
Watter bekende
handselsnaam word in die teks genoem?
|
1.10
|
Hoe weet ons dat daar
effens aan die teks hierbo verander is?
|
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking